Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die sebra-ervaring

Wanneer mens ‘n wildreservaat besoek, is mens maar altyd versigtig vir die wilde diere. Hulle is mooi om na te kyk, maar as mens in Suid-Afrika grootgeword het, is mens bewus daarvan dat wilde diere gerespekteer moet word, aangesien hulle… uhm, wel, wilde diere is, en nie fokken troeteldiere nie – iets wat oorseese toeriste nie altyd lekker snap nie.

Neem byvoorbeeld seekoeie. Koddige motherfuckers, seekoeie. Maar mens soek nie met ‘n seekoei kak nie, want a) hy het fokken moerse tande, b) hy het ‘n moerse bek, c) hy kan baie vinnig hardloop, en d) hy is ‘n baie aggressiewe dier. En hoekom die fok sou mens aan ‘n seekoei wou vat? Lyk hy asof hy gestreel wil word of iets?

Maar wat byvoorbeeld van sebras? Mense onderskat the Power of the Zebra…

You may also like...

1 Response

  1. ganjaforl1fe says:

    this is Fuckin funny lol she looked soooooo funny LOL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *