Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die gevaaalike nuusoorsig

Hiermee ‘n heeltemal subjektiewe gevaaalike oorsig van onlangse nuusgebeure. Moet dit egter nie op ‘n gereelde basis verwag nie, want ek is te lui.

Pap piele kos Uncle Sam baie geld

PenispompPenispompe het die Verenigde State van Amerika se Medicare-program tussen 2006 en 2011 meer as $172 miljoen gekos. “Medicare payment amounts for VES [vacuum erection systems] remain grossly excessive compared with the amounts that non-Medicare payers pay,” rapporteer ‘n verslag van die VS se Department of Health and Human Services. Ten spyte daarvan dat Amerika die porn capital van die wêreld is, is pap piele skynbaar ‘n kroniese probleem by groot dele van hulle bevolking. Ons het nog altyd geweet daar bly baie dicks in Amerika, maar nou weet ons ook dat hulle pap is.

True Blood van die lug af: Moontlike massa emo-selfmoord dreig

True BloodDie jirre weet ons is dankbaar dat die shitfest wat die Twilight-films was nou al ‘n entjie in die verlede lê. Twilight se stouter suster, True Blood, steier egter steeds voort. Vir diegene wat nie weet nie, True Blood is ‘n HBO-reeks gebaseer op ‘n klomp vampierboeke deur Charlaine Harris. In ‘n nutshell is dit soos Twilight, maar met meer boobs en sexposition. Anyway, HBO, die vervaardiger van Tits ‘n Blood (asook The Sopranos en steeds Game of Thrones) het aangekondig dat True Boobs se sewende seisoen die laaste sal wees. Ander shows wat jy dalk illegally gedownload het wat ook begrafnisreëlings kan begin tref is die indrukwekkende Boardwalk Empire en die totally overrated Newsroom. Ten minste gaan die einde van True Captain-of-the-Red-Sea Bullshit die wêreld verlig van ‘n ernstige emo probleem.

Jack Bauer is terug – die wêreld gee ‘n vet fok

24Die wêreld het kollektief ‘n queef deur hulle monde gesug nadat die aankondiging uitgereik is dat  Jack Bauer, een van die TV-wêreld se grootste dose, ‘n algeheel ongevraagde comeback gaan maak. Hierdie keer gaan Jack binne 24 uur die hele Londen opfok, terwyl dead-eyed kykers oor die wêreld heen nie gaan agterkom dat hulle ure in die reeks 24 elk net 42 minute lank is nie. Ja, die nuutse inkarnasie van 24, 24 – Live Another Day (wat eintlik 16,8 – Live Another Partial Day moes geheet het, aangesien 24 dae van 42 minute elk net 16,8 uur is) gaan vir Keifer Sutherland in Engeland neerbliksem om vir die Britte te wys hoe mens terroriste behoorlik opfok. Waarskynlik weer deur hulle te martel, en moer hard oor sy foon te fluister terwyl hardlywige vet nerds agter rekenaars sit en tik asof dit die matriekeksamen van rekenaartik is.

“Ons is snobbistiese poese, hahaha” – DA

DAMmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie in Gauteng, het ‘n sterling job gedoen om sy party te adverteer toe hy ‘n dag of wat gelede die volgende te sê gehad het oor bra Julius se EFF (Economic Freedom Fighters): “Firstly, we can’t play into politics of populism. Gauteng is far too sophisticated and much more in need of a coherent plan to take the issues forward.” Skynbaar het mnr. Maimane nie besef hoe snobbisties sy stelling geklink het nie, maar hy sou seker nie die leier van die DA in Gauteng gewees het as hy nie die elitistiese snobbisme van baie Gautengers weerspieël het nie. Maimane het verder ook genoem dat ““In reality, the people of Gauteng understand it to be a two-horse race between the ANC and the DA. So I’m not anxious.” Om sy analogie verder te neem is die ANC die perd wat deur moerse groot maatskappye geborg word en waarop die meeste geld gewet is, terwyl die DA ‘n unicorn is wat reenboë kan skyt, maar nie eintlik veel borgskappe het nie. Nice going, DA.

In ander DA-verwante nuus het dié party hulle jaarlikse Juffrou-Juffrou-verslag uitgereik. Daarin evalueer die DA hoe goed President Jacob Zuma en sy ministers die afgelope jaar gevaar het in die uitvoering van hulle regeringstake. Leier van die Opposisie in die Parlement en Captain Obvious Extraordinaire Lindiwe Mazibuko het gesê sy dink dit is heeltemal geregverdig om vir Zuma ‘n F te gee. Sy het daarna gesing “Wê-lakke-pêla” en haar tong uitgesteek.

Polisie deursoek Justin Bieber se lair

BieberSqueaky-voiced koeldrankbottelmagneet-verhoogkotser en universele village idiot Justin Bieber se huis is onlangs deur polisie deursoek. Hoewel iemand in hegtenis geneem is, weet ons dat dit nie Bieber was nie, aangesien Reuters verslag gedoen het dat “a man” gearresteer is. Die polisie het na gerugte beslag gelê op dwelms, maar het nie kommentaar gelewer op vrae van die media of daar ook beslag gelê is op reuse pers dildos nie. Gerugte doen al lank die rondte dat Justien Bieber die wêreld se grootse pers plastiek piele besit, maar dit kon nie bevestig word nie.

 

“Bronstige” olifant fok kar op in KNP

Sedert Maandag doen ‘n video van hot olifant-op-kar-aksie die rondte via YouTube. Dit het nou al amper ‘n jaarlike gebeurtenis geword dat ‘n olifant iemand se kar in die Kruger Nasionale Park panelbeat. Jans de Klerk, ‘n Suid-Afrikaner wat in Brittanje woon, en sy verloofde, Sarah Brooks, se arme VW Polo is sowat twee weke gelede properly deur ‘n moerige olifant gebliksem. Die KNP het bloot gesê die olifant was befok kwaad omdat hy nie onlangs ‘n pomp gehad het nie. Dit het waarskynlik ook nie gehelp dat hulle so naby aan die olifant gery het dat hulle sy holhare kon kam nie. Brooks is beseer, maar is onlangs uit die hospitaal ontslaan, terwyl die gedugte bestuurder De Klerk nie ernstig beseer is nie. Jammer genoeg is die olifant weens die dom optrede van De Klerk van kant gemaak. Wat ook daartoe gelei het die De Klerk ‘n cunt gemaak is.

Terwyl die bul met die grootste landlopende blouballas op aarde die Polo vertroetel het, is alles op kamera vasgelê deur ‘n paar Afrikaners in die kar agter De Klerk en Brooks. Met kommentaar wat snaaks genoeg baie eroties is (“Ben, Ben … draai net om!”, “Draai om, Ben!”, “Ry, ry, ry, ry, ry!”, “Ben, ry, asseblief!” en “Hy gaan van die kant af kom!”) is die video mesmerisingly entertaining vir selfs net die comedic value van die kommentaar. Check die witwarm soogdier-op-voertuig-aksie-video hier onder.

http://youtu.be/jjA0dcvNVGE

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *