Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die beste literal video versions op die internet

In 2008 het ‘n YouTube-gebruiker genaamd DustoMcNeato (regte naam Dustin McLean) ‘n video gemaak wat ‘n massive internet meme tot gevolg gehad het. McLean het die eerste “literal version” van ‘n musiekvideo gemaak.

Teen hierdie tyd het meeste van gevaaalik.com se lesers al een of twee literal video versions gesien. Die konsep is eintlik moer eenvoudig: Mens neem ‘n musiekvideo (verskieslik uit die 1980’s of 1990’s) en redub die audio sodat die lirieke van die song beskryf wat in die video aangaan. Dit is natuurlik ‘n resep vir baie snaakse beskrywings, aangesien die visuals van musiekvideos uit die tagtiger- en negentigerjare batshit crazy is en dikwels maar met dun draadjies aan die lirieke van die song geconnect is.

Sedert McLean die meme in 2008 begin het, het daar al verskeie literal video versions op YouTube (en elders op die interwebs) verskyn. Die een ander YouTube-gebruiker wat die meme omtrent tot ‘n fokken kuns vervolmaak het, is David A. Scott Jr. Sy weergawe van Bonnie Tyler se way out emo-pedo-fest “Total Eclipse of the Heart” was eintlik die video wat die interwebs se aandag op die meme gevestig het. Scott het ook die meme bietjie verfyn deur allerhande hilarious pop-cultural references in sy videos te include.

Wanneer mens vir literal versions soek, moet mens maar versigtig wees. Baie van die mense wat dit probeer maak is, soos die meerderheid van users en hulle content op YouTube, kak. Daar is natuurlik die uitsonderings – en hulle is gewoonlik baie goed. Ongelukkig het van die record companies wat die oorspronklike musiek en video’s besit begin om vir YouTube take-down notices te stuur wanneer mense hulle materiaal gebruik vir literal versions. Sony en EMI is die grootste dose in hierdie geval. Sommige van die oorspronklike videos is dus nie meer op YouTube te vinde nie, en mens moet op plekke soos Funny or Die ook gaan kyk. Laasgenoemde is nie so ruggraatloos soos YouTube nie, so die videos oorleef meestal darem daar.

Hier is gevaaalik.com se kortlys van gunsteling literal video versions wat tot op datum verskyn het. Natuurlik is daar nog wat ons ook baie snaaks vind, maar hierdie is die cream of the crop. Voor elkeen van die literal versions verskyn die oorspronklike weergawe van die musiekvideo, vir in geval jy nie eintlik die oorspronklike kan onthou nie.

“Take on Me” – Aha (1985)

Favourite line: “This guy’s gonna get an ass-full of pipewrench!”

“The Safety Dance” – Men Without Hats (1983)

Favourite line: “Definitely LSD!”

“I Would Do Anything for Love (But I Won’t Do That)” – Meatloaf (1993)

Favourite line: “I think I just walked into an ad for Herbal Essences.”

http://youtu.be/HTPko-aXvJM

“Total Eclipse of the Heart” – Bonnie Tyler (1982)

Favourite line: “These dancers need to stop. The gayest man on earth would call this over the top!”

“Making Love Out of Nothing at All” – Air Supply (1983)

http://youtu.be/6lE6Htee0sA

Favourite line: “I’m in here singing my head off, and he’s out getting tail instead.”

http://youtu.be/2GlJbyMrytA

 

“Friday” – Rebecca Black (2011)

Favourite line: “Flipping CG papers. This part may cause seizures.”

http://youtu.be/_-6XBbqoGRk

You may also like...

2 Responses

  1. October 22, 2012

    […] bring vir jou die beste literal video versions op die […]

  2. November 22, 2012

    […] het so rukkie terug vir ons 'n versameling van sy gunsteling literal video versions gewys. Die een van Enrique Iglesias se "Hero" het my nou die aand baie erg laat lag. Nie net is die […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *