Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Antwoord, love ’em or hate ’em

Die Antwoord. Omtrent almal in Suid-Afrika ken hulle. Die snaakse ding is dat meeste van die haat wat na Die Antwoord se kant toe kom, kom van mense wat bly in die land waar Die Antwoord vandaan kom. Gaan kyk maar net die comments op die YouTube video van Die Antwoord op David Letterman. Meeste mense wat vertel hoe kak Die Antwoord is en nie kan verstaan hoe mense na hulle zef-rap-rave luister nie is van Suid-Afrika af.

Maar hoekom is opinies oor Die Antwoord so aan verskillende kante van die skaal? Hoekom is dit dat mens hulle óf like, óf haat? Hoekom is daar geen grys area nie? En hoekom haat veral so baie Suid-Afrikaners Die Antwoord terwyl die res van die wêreld nie genoeg van hulle kan kry nie?

Koos Kombuis het famously in Rapport vertel hoe hy oor Die Antwoord voel. In dieselfde artikel het hy ook die volgende wilde assumption gemaak:

Ek en my generasie het Afrikaanse vloekwoorde gewild en aanvaarbaar gemaak, tot so ’n mate dat die meeste Afrikaanse koerante al bereid is om ernstige resensie-ruimte af te staan aan orkeste met name soos Fokofpolisiekar.

Die probleem hiermee is dat Koos fokol gedoen het om vloekwoorde in Afrikaanse musiek meer aanvaarbaar te maak. Hy dink dalk hy het, maar dis illusions of grandeur, my vriende. Koos ry nogsteeds die Voëlvry, anti-apartheidskarretjie en hy gaan hom ry tot sy wiele afmoer.

“Ek glo dit steeds: Die Antwoord is, en bly, ’n bemarkingsfoefie, ’n racket, ’n flash-in-the-pan,” het Koos gebalk amper twee jaar gelede. (Môre sal dit presies twee jaar gelede wees.) Nou, twee jaar later sit Die Antwoord met twee albums, Evil Boy (hulle nuwe toy range), ZEFRECORDZ (hulle eie record label), twee flieks wat hierdie jaar gaan verskyn (waarvan een saam met Niel Blomkamp, director van District 9, gedoen is) en ‘n wêreldwye toer wat voorlê vir 2012.

“Ek gun Die Antwoord hul tydelike sukses,” het Koos ook gesê. Soek jy mostert saam met daardie woorde van jou? Die Antwoord is nie ‘n flash-in-the-pan wat net gaan verdwyn nie. Min bands wat flash-in-the-pan is evolve in hulle musiek en as jy nie dink Die Antwoord het evolve nie, het jy duidelik nog nie TEN$ION geluister nie.

Nie almal gaan van Die Antwoord hou nie. Suid-Afrika is ‘n land waar daar nog baie na die lewe gekyk word met oogklappe aan. Enigiets wat ons skok word van ‘n bohaai gemaak. Dit word deesdae in ons kele af geforseer deur ons tos koerante ook. Dit is altyd die gruwelikste moord wat die voorblad maak. Dit het ‘n obsessie geraak om geskok te wil word en dit dra oor na alles wat ons lees deesdae. Die Antwoord se musiek skok mense, net soos die idee van ‘n band met die naam Fokofpolisiekar amper 10 jaar gelede ook die voorblad van koerante gemaak het. Nie a.g.v. die musiek nie, maar omdat hulle die oogklappe so bietjie probeer oopforseer.

Ek lees eerder oor Die Antwoord of Fokofpolisiekar as wat ek lees oor Amor en Joost se nuutste geveg of Steve se nuutste kind wat gevind is iewers waar hy 12 jaar terug ‘n show gespeel het. Dié is ook alles nuus wat deesdae as voorbladmateriaal gesien word. Om te lees oor Steve of Kurt is egter okay, want dit is deel van Afrikanerkultuur. “O, so jy het geen kultuur nie” is gereeld die reaksie wat ek kry as ek sê dat Bobby en Kurt se musiek nie deel uit maak van my iTunes library nie.

Die Antwoord word ook baie daarvan beskuldig dat hulle vir die wêreld die verkeerde indruk skep oor hoe Suid-Afrikaners is. Maar wanner laas het jy deur Danville, Mitchells Plain of Hillbrow gery? Zef is deel van Suid-Afrika en of jy daarvan hou of nie gaan dit nie laat verdwyn nie. Probeer ons dit wegsteek deur te sê Die Antwoord laat ons sleg lyk?

Ek sê nie jy moet van Die Antwoord hou nie. Ek sê ook nie dat jy nie van hulle moet hou nie. Ek sê Die Antwoord is Die Antwoord en daar gaan altyd mense wees wat hulle waardeer vir wat hulle is. Daar gaan ook altyd mense wees wat Die Antwoord nie like nie.

Die vraag wat jy eerder jouself moet vra is: “Hoekom hou ek nie van Die Antwoord nie?” As jou antwoord is dat hulle geen musikale talent het nie (maar jy het ‘n Kurt Darren CD in jou versameling), moet jy eerder die gewoonte om te praat afleer. As dit is oor die “walglike taalgebruik” moet jy miskien luister na hoe jy en jou vriende elke naweek as julle gesuip is klink. Ja, ek kyk na jou. As dit is oor hulle zef/kommin is, moet jy dalk twee keer gaan dink oor daardie mags wat jy op jou kar het en jouself vra of bucket seats in jou Uno regtig nodig is.

“Is it real?” is ‘n vraag wat baie gevra word oor Die Antwoord. Ninja het self gesê hy voel jammer vir die mense wat voel dit is nodig om daardie vraag te vra. Dit is ‘n show. Enige entertainer wat sy sout werd is sal vir jou kan verduidelik dat hy ‘n show opsit vir sy gehoor, altyd. Hoe groot die show is verskil net van band tot band. Jy koop dan kaartjies om ‘n show te sien.

Gaan Die Antwoord net verdwyn? Miskien. Maar dit sal wees oor hulle self besluit om te verdwyn, nie omdat die wêreld moeg raak vir hulle nie. Tot dan moet jy maar leer om met hulle saam te leef. Of jy hulle nou like of nie, om daaroor te grens gaan nie help nie. In fact om te grens oor Die Antwoord, soos Koos Kombuis het twee jaar terug, steek net nog ‘n vlam aan onder Die Antwoord se gat.

You may also like...

9 Responses

  1. Ant says:

    Love ’em!

  2. Helgaard says:

    Die antwoord is wereldweid populer want mens kry oral scum, wat hou van scum. Die rede hoekom Suidafrikaners nie van hulle hou nie is omdat die antwoord die drek van SA kultuur wil verkoop as die norm, en niemand wil daarmee geasosieer word nie. In die res van die wereld is hulle soos n main attraction by n freak show. Daardie populariteit beteken niks, mense kyk al eeue vir freaks, kry hulle jammer, skud hulle koppe en beweeg aan, hulle bewonder dit nie, hulle dink maar net fok eks bly ek is nie so nie. Dit is die basis van die antwoord se populariteit. BTW, as jy niks weet van wat Koos en kie vir Afrikaanse musiek en kultuur gedoen het nie, bly eerder stil, sonder hom en sy makkers sou daar nie iets soos Gevaalik bestaan het nie.

  3. Stix says:

    Liefste Helgaard,

    So Die Antwoord se musiek verkoop, hulle shows verkoop uit en hulle gaan op ‘n world tour omdat mense sleg voel vir hulle en hulle jammer kry? Ha. Ok. Maar in die sin voor dit sê jy Die Antwoord is populêr oor scum hou van scum? Ek verstaan nie, watter een is dit nou? Is dit oor mense na freaks wil kyk en jammer voel vir Die Antwoord of koop die mense die musiek en gaan na die shows oor die mense self scum is?

    Ek het niks teen die Voëlvry beweging nie. Infact weet nogal baie daarvan. Ek het nooit gesê hulle almal het nie iets gedoen vir afrikaans nie. Maar jy verstaan duidelik nie wat ek in die artikel probeer sê het nie. My punt op die ou einde is dat Koos Kombuis van die Voëlvry karretjie afklim want dit raak nou oud, hy was nie die be all en end all van Voëlvry nie. Infact Ninja en Yo-landi het meer musical talent aangegee na hulle kind toe as wat Koos Kombuis ooit in sy lewe sal hê. Maar Die Antwoord is mos ‘n flash-in-the-pan vertel Koos.

    Plus om te sê as dit nie vir Voëlvry was nie was daar nie ‘n gevaaalik.com nie is belaglik want jy kan dit op geen manier bewys nie.

  4. Joe says:

    Helgaard, dit lyk vir my al te veel asof jou aannames van wat “scum” is maar net ‘n samekokery is van dinge wat agterlike middelklaswaardes “bedreig”. Leef en laat leef, of hoe?

    Verder stry niemand dat Voëlvry belangrik was in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek nie. Dis net jammer hulle was as ‘n soort van counter-culture nogal laat, en kom ons wees nou eerlik, nie regtig so counter as wat mense graag dink nie. Hulle invloed was ook glad nie so groot soos jy voorgee nie – of soos sekere deelnemers aan Voëlvry dit wil maak nie. Soos Stix sê is dit heeltemal fokken absurd om aan te voer dat gevaaalik.com nie sou bestaan sonder Voëlvry nie. It might have escaped your notice, maar teen die tyd wat die bedaggade ouens van Voëlvry op die toneel beland het, was die ou Suid-Afrika vinnig oppad uit, en die demokratiese verandering van ’94 was al op die horison. Met of sonder Voëlvry was demokrasie SA se toekoms, en, belangriker nog was die nuwe Grondwet wat die mag van die konserwatiewe NG Kerk en die agterlike Afrikaner-middelklas oor almal se lewens gebreek het. Hierdie website kan vandag bestaan omdat duisende mense geveg het vir verandering in Suid-Afrika, en vir gelyke regte vir almal – of jy nou ‘n Christen of Moslem of ateïs is, of jy gay of straight is, of jy ‘n man of vrou is, of jy wit of bruin of swart is – freedom without prejudice. En dit is te danke daaraan dat die ou sensuurwette daarmee heen is dat gevaaalik.com kan bestaan. So was Voëlvry belangrik vir Afrikaanse musiek? Sure, sonder hulle was daar waarskynlik nie soveel nuwe Afrikaanse bands nie. Was Voëlvry so belangrik in die vernietiging van apartheid as wat Koos Kombuis sê? Nee, dis ‘n pot kak.

    Laat ek dan ook sommer net sê ek dink dis bietjie daft om te maak asof Die Antwoord net populêr is omdat a) “scum” van “scum” hou, en b) mense dit net kyk omdat dit ‘n “freakshow” is. Ek hoop ook jy het agtergekom dat jou twee verduidelikings in teenstelling is met mekaar.

  5. DieMBeen says:

    Die M-Been keur hierdie boodskap goed.

  1. March 19, 2013

    […] die volgende Stephen Spielberg wees en jou storie mag dalk begin met 'n viral video, soos dinge vir Die Antwoord begin […]

  2. June 18, 2013

    […] Die Antwoord se nuwe song en video is uit. Ek het die song nog net een keer geluister en ek like dit. Die video begin met Yolandi Visser se Stoute Boudjies en dit is 'n pragtige gat as ek nou self so moet sê. Van wat ek kan aflei gaan die song en video oor Suid-Afrikaanse gangs soos die 26's en die 27's en tyd in die tronk. Of dit gaan oor iets anders, ek weet nie, besluit self man. Yolandi doen ook al die rap en sing werk in "Cookie Thumper". […]

  3. May 21, 2014

    […] nuwe songe en video gelaunch; "PITBULL TERRIER". En soos elke video voor die nuwe video gesorg dat Die Antwoord op die hele wêreld se lippe is. Ek love dit video, dit is so weird dat dit awesome is. Ninja het […]

  4. October 1, 2014

    […] kry jy as jy Borat, Die Antwoord en Rammstein kry om saam 'n mutant baba te maak en dan los jy die mutant baba in 'n orphanage in […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *