Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dave Grohl en Corey Taylor record ‘n song saam

Corey Taylor het deur middel van sy Twitter laat weet day hy saam met Dave Grohl en Butch Vig ‘n song record het. Dave Grohl is die front man van Foo Fighters (As jy onder ‘n klip bly en nie geweet het nie), Corey Taylor is die front man van Slipknot en Stone Sour. Butch Vig is die drummer van Garbage en die legendary producer van Nirvana se Nevermind album en ook die producer van my gunsteling album van laas jaar, Foo Fighters se Wasting Light.

Dit is net een song. Dus kan ons seker wees dat die Foo Fighters steeds ‘n nuwe album sal uit kry in 2012. Corey het al voorheen vertel hoeveel respek hy het vir Dave Grohl:

I probably identify the most with people like Dave Grohl, who is such a cool dude, so down to earth and probably one of the funniest cats on the planet. He’s just so approachable and yet has done so much. I really, really dig that.

Dave Grohl hou daarvan om saam met ander artists te werk. Hy het al saam met die Queens of the Stone Age ‘n album record en saam hulle getoer vir ‘n rukkie. Hy het al drum parts gespeel vir The Prodigy. Hy het al ‘n band saam met Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss) en John Paul Jones (Led Zeppelin) begin, die band was Them Crooked Vultures. Hy speel soms saam met Tenacious D op hulle albums. Plus nog vele meer.

Dit sal dus intresant wees om te hoor wat Dave saam met Corey Taylor kan doen. Enige fan van Stone Sour sal weet dat Corey Taylor nie net kan skree vir Slipknot nie.

You may also like...

1 Response

  1. January 31, 2012

    […] rukkie terug het Corey deur sy Twitter laat weet dat hy saam met Dave Grohl 'n song record het. Wanner jy die video hier onder sien van Corey se cover van "Everlong" van die Foo Fighters sal […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *