Chris Weidman sit vir Anderson Silva op sy plek
Anderson “The Spider” Silva se UFC title is die naweek van hom gevat deur Chris Weidman. Anders Silva is volgens baie MMA kenners die beste pound of pound figther ter wêreld, maar as jy windgat raak gaan iemand jou ‘n les leer. In die title fight het Anderson Silva vir Chris Weidman getaunt met sy hande langs sy sye (iets wat Anderson baie doen met ouens teen wie hy fight) en toe vang Weidman hom met ‘n mooi clean punch op die ken.
“Bye, bye UFC title!” is seker wat Anderson Silva gedink het toe sy oë terug rol in sy kop. Dit is die eerste keer wat Anderson Silva ‘n fight verloor sedert 2006. Een ding is verseker, die rematch gaan iets wees om te sien.
Die is die beste video wat ek kon kry, maar hy mag dalk nog remove word binnekort. So as jy die video try kyk en hy werk nie, los asb ‘n comment hier onder sodat ek ‘n ander video hier op kan sit.
Hy is removed. Hiers ‘n ander link. http://youtu.be/UBhhTm5JMzw Flippen klip harde paar shots.
@DW: Thanks dude. Ek het die video vervang.