Is Chevelle ‘n one trick pony?

Om ‘n wêreld bekende band te wees is nie maklik nie. Ja, fame en fortune is great, maar as jy eers ‘n groot band is dan is dit baie maklik om te stagneer. As dit kom by nie stagneer nie is daar ook ‘n baie fyn lyn wat gesny moet work. ‘n Band kan nie net vir hul hele loopbaan dieselfde resep volg as dit kom by hulle musiek nie, maar dit beteken ook nie jy moet mal raak nie; ons almal onthou die debakel wat Metallica se St. Anger album veroorsaak het.

Chevelle is een van daardie bands wat wêreldwyd bekend is. Hulle is bekend vir hulle harde riffs en die kenmerkende vocals van Pete Loeffler. Toe ek die eerste keer Chevelle gehoor het was ek mal oor hulle relatief eenvoudige musiek. Die power chords werk oortyd in hulle songs, maar dit was cool. Dit was nou tot La Gárgola, die nuwe album, op 1 April 2014 vrygelaat is. Chevelle het my in ‘n boredom strangle hold en ek tap fokken uit.

Chevelle La Gárgola
Dit was nooit so blatantly obvious vir my soos wat dit nou is nie, maar Chevelle volg nou al van die begin af dieselfde resep vir al hulle musiek, en om heeltemal fokken frank te wees, ek is moeg vir die one trick pony. Ek het so bietjie gaan rondkyk op die internet en ek was baie verbaas om mense te sien sê: “I can’t believe how Chevelle manages to keep chaninging their sound with every album.” Dit het my een konklusie laat trek: Meeste mense op die internet is dower as wat hulle dom is.

Ek gaan nie vir jou lieg nie, La Gárgola is Chevelle 100%. In fact, as jy enige van Chevelle se vorige albums gehoor het, dan het jy La Gárgola ook al gehoor. As ‘n verrassing was wat jy verwag het van die nuwe Chevelle album dan gaan jy sadly disappointed wees.

Moet nie vir een oomblik dink dat ek onder die indruk is dat wat ek hier sê my die popular kid gaan maak nie. Ek is heeltemal bewus daarvan dat hierdie stukkie sommer ‘n knop in baie Chevelle fans se kele gaan veroorsaak. Ek weet ook dat goed soos “Die Foo Fighters gebruik ook al van die begin af die tried en tested Dave Grohl musiek resep.” Die groot verskil hier is dat die Foo Fighters wel al gebreek het van hulle resep, op menigte male. Ek sal met graagte in die comments uitwys wanneer en hoe die Foo Fighters hulle klank al verander het, vir enige nool wat dom genoeg is om dit nie self te kan uitwerk nie.

Vat byvoorbeeld die opening track van Chevelle se vorige album, “Face to the Floor”, great song. Dan gaan lustier jy na “Take Out The Gunman” van La Gárgola af. Hoor jy dit? Fokken hoor jy dit? Klink daardie twee songs nie vir jou of hulle baie dieselfde begin nie? Ek dink Chevelle is besig om my vir ‘n poes te vat en ek is klaar. Hier onder is “Take Out The Gunman” die song. Glad nie ‘n slegte song nie, die solo wat  by 02:32 begin gee my ‘n musical hard-on, maar dit is al opwinding wat die song bied. Die res is net presies dieselfde as van te vore. Eerlikwaar sal ek maar hou by Wonder What’s Next en Point #1.

Ek sal graag wil hoor wat jy dink oor die punt wat ek nou so uitgewys het asof ek betaal word om dit te doen. So los ‘n comment hier onder en kom ons gesels.

You may also like...

4 Responses

  1. @Vodkowski says:

    I do agree on a few points; although I wouldn’t go as far as calling then a one-trick pony. This is definitely an album that grows on you the more you listen; I was also a little dissapointed with the initial listen. However, tracks like Twinge and One Ocean grabbed me from the get-go. As a Chevelle fan from the 1st album and having seen them live (where they kicked ass) I recommend perhaps a few more spins? Skip Take out the Gunman though. I almost listened to Ouija board twice before going on with the rest of the album. I do feel that they are putting out records much too quickly; perhaps more time needs to pass in order for them to grow a little more as artists and evolve better. Maybe this is a way for a band to survive that doesn’t have big band status like The Foo Fighters? Constant touring and pushing albums to stay afloat might be be the real reason behind sounding the same album after album. If it aint broke, dont fix it, might be their mentality.

  2. Kane says:

    Goeie alternatief; Protest the Hero. Elke album is uniek. So ook Meshuggah, alhoewel meeste mense nie daarmee saamstem nie.

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Vodkowski: Ek luister nou al na die album vir 3 weke met die hoop dat dit op my sal groei. “Take Out The Gunman” sit al heeldag in my kop vas. Still, eks oor dit. Jy maak ‘n goeie punt oor die albums wat baie kort op mekaar volg en dit kan heel moontlik lei tot die eentonigheid wat hulle tans mee sukkel. Ek het hulle ook live gesien. In fact ek was amper geban van future events omdat ek backstage in gesneak het.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Kane: Dankie vir die voorstelle, ek sal dit bietjie gaan luister na dit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *