Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bouwer Bosch like Auto-Tune

Auto-Tune, daardie program wat maak dat Juanita du Plesies nie so tos klink op haar CD soos wat sy live klink nie (eintlik is die program van toepassing op meeste Afrikaanse popmusiek), gaan op Bouwer Bosch se nuwe soloalbum gebruik word. Hy sê self so op sy nuutste video blog so. Ek is nou nie seker of dit dan op Straatligkinders se album gebruik is nie en Dans Dans Lisa word ook nie genoem nie, maar ek is redelik seker Auto-Tune maak sy appearance op Dans Dans Lisa se album.

Ten minste is Bouwer eerlik oor sy gebruik van die “laat my kak stem effens beter klink” sofware. Ons verwys nie na jou stem nie Bouwer, maar net na Laday Gaga en daardie ander konte. Ek is nie teen Auto-Tune nie, maar dit is nie cool as ‘n band/artist op die stage klink asof hy ‘n oudisie doen vir Idols nie.

Jy kan vir Bouwer Bosch hier op Twitter volg: @BouwerBosch

You may also like...

1 Response

  1. Martz says:

    Wil (as “fan” hehehe) ook net my chip hier ingooi by: “Ek is nie teen Auto-Tune nie, maar dit is nie cool as ‘n band/artist op die stage klink asof hy ‘n oudisie doen vir Idols nie.”

    Oor die algemeen klink meeste ouens uiters kak as hulle “live” gaan. – Ek persoonlik dink die enigste artist wat n “live show” kan laat goed klink is Steve Tyler. (en moet om hemels naam nou nie lelik wees hier met my soos met arme Christiaan nie)

    Ek was way back n groot fanatikus van Evanescence tot ek hulle “live” gehoor het!!! – WAT N FOUT!
    Elke keer as ek nou n song hoor van hulle, hoor ek daai hees, uit-asem-geblêr van haar. Dit sit sommiges van ons regtig moerse af.

    Ek try “live” vermy en stick liewer nou by Musiek videos of CDs … Dis veiliger vir my sanity!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *