Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Blackfish – Trailer is donker

Daar gaan een van twee dinge gebeur as daar aliens opdaag hier by ons planeet eendag: Hulle gaan ons eet, of hulle gaan ons toesluit en slawe maak van ons vir hulle entertainment. Ons gaan verseker nie maatjies wees met hulle nie. As jy dink ek praat nou net kak, kyk maar bietjie wat ons doen met diere wat ons nie verstaan nie. Orcas is net een van die diere wat ons graag gebruik as slawe en dan is is baie verbaas wanneer dinge verkeerd gaan met een van die diere.

Blackfish

Blackfish is ‘n documentary deur Gabriela Cowperthwaite oor Tilikum, een van die Orcas was aangehou word by Seaworld in Orlando, Florida. Die feit van die saak is dat Orcas en Dolfyne baie slimmer is as wat ons kan verstaan. Net oor ons nie die diere kan verstaan nie of net oor hulle nie duime het wat hulle gebruik om alles op te fok om hulle nie, beteken nie hulle is nie ook sentient nie. Tog het dit ok geraak om hulle weg te steel van hulle ouers en familie as hulle nog baie jonk is. Dan word die arme diere in “pools” gehou wat te klein is maak nie saak hoe groot dit is nie.

Baie van die diere word dan “geleer” (Is dit regtig leer as jy die dier starve om hom te kry om te doen wat jy wil hê hy moet doen?) om toertjies te doen om shows op te sit en geld te maak. Dan wonder ons hoekom Orcas en Dolfyne in captivity draai op hulle trainers wanneer dit nog nooit gebeer het met in die natuur nie. Geen Orca in die natuur het al ooit ‘n mens beseer of dood gemaak nie? Ek gee so nou en dan ‘n paar pitte vir ‘n charity van my keuse of vir ‘n cause wat ek regtig voor voel. As jy wil weet hoe jy kan help, gaan loer na die IndieGoGo projek van ‘n ex-Marineland trainer wat gedagvaar word oor hy uitgepraat het oor hoe die diere mishandel word of gaan kyk na die Blackfish website.

Ek gaan nie die hele Blackfish documentary kyk nie. Ek sal dit eenvoudig nie kan hanteer nie. “When you look into their eyes, you know somebody is home.” is die opening line van die trailer. Al wat ek wil hê jy moet doen is jouself vra: “Sal ek met trots vir aliens kan wys wat ons doen met Orcas en Dolfyne?”. My hart breek vir hierdie diere, en ek haat dit om die woord dier hier te gebruik. Is ons die diere of is hulle?

You may also like...

1 Response

  1. December 18, 2013

    […] kort die week. Snaaks hoe 'n ekstra dag af jou altyd laat voel asof jy nog meer tyd af kort. Na die trailer van Blackfish gisteraand, het ek die Stoute Boudjies nodig om my beter te laat voel. Dankie dus aan @clownpooop […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *