Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

African Blogger Awards

Editor’s note: An English translation of this article can be found on my Google+ profile.

Ek maak geen geheim daarvan dat gevaaalik.com amper fokol geld maak nie. Die rede hiervoor is nie omdat gevaaalik.com te min traffic kry nie, maar omdat mense steeds dink dit is nie ‘n viable plek om te adverteer nie, of problem het met die Stoute Boudjies en die Vrydag Bederf. So asof mense wat gevaaalik.com daagliks besoek nie geld het om te spandeur nie. Of asof die lesers ‘n negatiewe konektasie gaan maak met brands/maatskappye wat adverteer op die site wat hulle elke dag besoek.

Daarom is dit berlangrik dat daar op een of ander manier vie adverteerders gewys word dat daar waarde daarin is om te adverteer op sites soos gevaaalik.com. Dit help bloggers ook, hoe meer geld ‘n blogger maak, hoe meer tyd kan die blogger gebruik om te werk aan sy site, en as a result raak die site beter vir lesers ook.

African Blogger Awards

Die Africa Blogger Awards is die nuwe awards wat hierdie jaar vir die eerste keer plaasvind. Ons het die SA Blog Awards gehad, maar dit het ‘n grap geword. ‘n Circle jerk, en dit is op geen manier voordelig as jy een van die 2013 SA Blog Awards laas jaar gewen het nie. Dit is hoekom nie eers ingeskryf het vir die 2013 SA Blog Awards nie. ‘n Chappie wat al onder jou tafel sit vir meer as ‘n jaar gaan meer werd wees as ‘n 2013 SA Blog Award.

Die African Blogger Awards gaan bloggers nie net awards gee gebasseer op hoeveel mense jy kan kry om vir jou te vote nie. Hulle gebruik Webfluencial (wat Google Analytics gebruik) stats om te help bepaal of ‘n blog ‘n award verdien of nie.

Hoekom is iets soos die African Blogger Awards nodig?

In America maak bloggers al ‘n lewe uit hulle blogs uit vir jare. Hulle word betaal vir advertorials, press releases, advertensie spasie op hulle blogs en vele meer. Marketers in Amerika het jare terug al agtergekom dat bloggers ‘n lekker audience kan opbou (in gevaaalik.com se geval is dit al so 20 000 mense ‘n maand) en dat bloggers se gehoor slimmer is as wat daar tans gedink word in Suid-Afrika (Afrika). Tog het geen PR agency al ooit aangebied om my te betaal vir ‘n press release post op gevaaalik.com nie.

Dus sal ‘n behoorlik georganiseerde blog awards help om te legitimise wat ek en talle ander bloggers in Suid-Afrika doen. Ek is nou al vir 3.5 jaar in die game en ek weet van nog net drie bloggers wat hulle blog voltyds run. Dit kan dus gedoen word en dit moet veral gebeur as ‘n blog ‘n lekker size gehoor opgebou het.

Maar is traffic regtig ‘n goeie aanduiding van ‘n goeie blog?

Nee. Dit is eenvoudig nie. Dit help nie jy kry 200 000 visits ‘n maand. Dit beteken niks as elke visitor net vyf sekondes op jou site spandeer nie. Maak nie saak hoeveel visits jy kry nie, as die mense nie jou content lees nie kan jy net so wel nie ‘n blog hê nie. gevaaalik.com het returning visitors van oor die 60%, die average visitor bly vir amper drie minute op die site en kyk na meer as een page ook.

Basies, gevaaalik.com lesers lees eintlik die content op die site. Ons lesers luister na ons podcast. Ons lesers comment, stuur e-mails vir ons, interact met ons op Facebook en Twitter. En raai wat, gevaaalik.com se lesers koop goed. Dit is die tiepe goed waarvoor jy moet uitkyk as jy wil adverteer op ‘n website.

Een van die effektiefste manier hoe ons ons content bemark is via social media op ons Facebook en Twitter page. Facebook het nou besluit om minder van ‘n page se content aan die mense wat die site like te wys, behalwe as jy betaal daarvoor dat mense jou content sien. Dus raak dit al hoe moeiliker om ‘n site soos gevaaalik.com te run, sonder om geld daarin te stoot.

Die African Blogger Awards pak dus ‘n monumentale projek hier aan wat nie maklik gaan wees nie. Want al die faktore hier bo is iets wat in gedagte gehou moet word. Daar gaan 36 verskillende categories wees en Tweeters, Instagrammers en mense wat Youtube account het kan ook ‘n award wen. Jy moet net opsign as ‘n influecer by Webfluencial, ongelukkig moet jy meer as 1000 followers hê op Twitter om te kwalifiseer.

Ek dink die African Blogger Awards is ‘n great idee en sal beslis help om te bewys dat daar blogs daarbuite is wat legitimate online publikasies is met ‘n gehoor, net soos gevestigde print publikasies soos die FHM. FHM gee nie free advertising weg nie, hoekom moet blogs?

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *