Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

5 Dinge wat jy leer as jy PUBG speel op Xbox

Nie net het PlayerUnknown’s Battlegrounds al meer as 10 miljoen copies verkoop nie, dit het ook DOTA 2 verby gevat op Steam as die populêrste game om te speel. Teen die tyd weet jy al dat PUBG oppad is na die Xbox toe. Al is daar nie ‘n spesifieke datum vir die vrystelling op Xbox nie, is daar wel gesê dat alles op skedule verloop vir die laat 2017 vrystelling.

Ander goeie nuus is dat PUBG se prys nie gaan klim vir PC of Xbox nie, maar dieselfde bly vir die nabye toekoms. Dus $30 as jy dit tans op Steam koop en in daardie omgewing wanneer die game op die Xbox Store land. Plus PUBG developer Bluehole sê dat hulle uit hul pad gaan om die game cross platform capable te maak, sodat PC en Xbox ouens saam kan speel.

Hoe is PlayerUnknown’s Battlegrounds op Xbox?

Ek het nog net een keer PUBG gespeel en dit was op PC. Ek is mal oor die game en het in daardie cherry popper match van my, derde plek gevat uit 97 spelers. Omdat ek die game so baie like volg ek alle nuus van PUBG en kan ek vir jou die volgende informasie bring oor hoe die game speel op Xbox, gebasseer op informasie van mense wat al kans gehad het om die Xbox weergawe van PUBG te speel.

PUBG is heeltemal speelbaar met ‘n Xbox controller

Die eerste ding waaroor die PC-master race altyd grens is die feit dat jy Xbox moet speel met ‘n controller eerder as ‘n muis en keyboard. Veral vir first person shooters is dit moeilik vir mense wat nog altyd met muis en keyboard speel om te probeer indink hoe dit moontlik kan wees met ‘n controller om head shots te kry.

Die Xbox controller kan al die integrale funksies van PUBG uitvoer. Going prone, wapens ruil en selfs die looting item screen kan maklik beheer word met die Xbox controller eerder as ‘n muis en keyboard. Deur jou geweer se sights kyk (of jou view verander van first person na third person) gebeur met die skouerknoppies van die controller terwyl aksieknoppies soos spring en jou wapen herlaai, gebeur met die X/Y/B/A knoppies. Selfs mense wat gesê het PUBG sal nie speelbaar wees met ‘n controller nie het erken dat hulle nie regtig die muis en keyboard so baie gemis het terwyl hulle gespeel het met ‘n Xbox controller nie.

Hoe lyk PUBG se graphics op Xbox?

As jy enigeiets weet van PUBG sal jy weet dat meeste ouens wat chicken dinners wil wen, nie die game speel met vol graphics nie. Plant textures en shardow textures word omtrent altyd laag of af gesit omdat dit jou baie help om ander spelers makliker te sien. Op die Xbox lyk alles perfek as jy naby dit staan. Geboue en ander spelers lyk great van naby af, maar dinge raak moeilik om te sien as jy verby die horison kyk. Oop velde, dorpe en selfs die lug wanneer jy uit die vliegtuig spring aan die begin van ‘n match, lyk “muddy” for lack of a better term. Dit is glad nie ‘n groot downgrade nie en iets wat Bluehole reken hulle gaan fix voor die release op Xbox.

PUBG op Xbox doen wat PUBG die beste doen, net soos op PC

Al is PUBG nie so mooi op die Xbox soos wat hy op die PC is nie (wel, nie in die weergawes wat mense al kon speel op die Xbox nie) is die belagrikste deel van PUBG steeds presies soos dit moet wees: Die technical performance was perfek. Geen glitches, geen crashes en geen choppiness nie. Die game het heeltyd tussen 30 en 40 frames per sekond gehandhaaf, selfs al was daar menigde spelers op die skerm in close quater combat.

Voertuig beheer kort so bietjie werk

Om ‘n voertuig te ry in PUBG is risky, want dit maak geraas en word maklik gesien van ver af. Op die Xbox weergawe wat gespeel is, is dit nog meer risky omdat voertuie se beheer rukkerig en bietjie traag voel oor hoe dit reageer met die Xbox controller se thumb sticks. Nog iets waaraan ek seker is Bluehole hard werk.

Dit voel soos ‘n regte port

Oor die algemeen is daar min PC titles wat perfek geport word na console toe. Diablo III is een van die min titels wat geport is van PC na console en eintlik beter is om te speel op console. Die mense wat die Xbox One port van PlayerUnknown’s Battlegrounds gespeel het, het gereken dat hulle die PUBG satisfaksie gekry het wat hulle gewoond is om te kry wanneer hulle die game speel op PC. Die PUBG port het alles gehou op Xbox wat mens wil sien van PUBG: die groot skaal van die maps, die Battle Royal match gevoel, die technical performance. En dit alles met net ‘n baie minor visual downgrade. PUBG op Xbox gaan befok wees!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *