Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Twee weke terug was Dookoom niks

Wie is Dookoom? Het jy al gehoor van Dookoom? Ek het nog nooit eers die naam gehoor voor gister nie. In fact, ek weet nogsteeds nie hoe spreek mens Dookoom uit nie, want ek het dit nog net gelees. Tog weet ek nou meer van hulle as ooit van te vore. Uitstekende gorilla marketing, of is dit regtig ‘n geval van “No publicity like bad publicity”?

Dookoom Foto deur Mads Norgaard

Dookoom Foto deur Mads Norgaard

Dookoom is ‘n rap groep uit die Cape Flats. Hulle het al naam gemaak vir hulself op die scene daar, maar die feit dat jy nog nooit van te vore van hulle gehoor het nie behoort vir jou ‘n indikasie te wees dat famous in die Cape Flats nie baie famous is nie. Isaac Mutant is een van die lede van die groep en hy het al gewerk saam met Die Antwoord. Ander lede sluit karakters in met name soos Human Waste en Roach.

As jy wil hê iets moet traction kry op die internet is die beste manier om ‘n influencer te kry om daaroor te begin praat. Toe Katy Perry tweet oor Die Antwoord se ‘Enter the Ninja’ het dinge vinnig en drasties vir hulle verander. Dookoom was ‘n populêre rap groep in die Cape Flats, tot Steve Hofmeyr sy bek oor hulle video ‘Larney jou Poes’ gerek het.

Isaac Mutant en die res van Dookoom is nie nuut to die game van rap nie, en ek is seker die feit dat Isaac al saam met Die Antwoord gewerk het, het hy al ‘n ding of twee by Waddy Jones (Ninja) geleer. Sê wat jy wil van Die Antwoord, maar hulle weet waarheen om kole te stoot om die vuur die warmste te maak, en dit is iets wat Dookoom nou ook toegepas het op hul nuwe song en die video wat met die song gepaard gaan.

Hoekom maak ‘Larney jou poes’ mense so warm onder die kraag?

Buiten die feit dat ‘Larney jou Poes’ nie ‘n slegte song is nie, bring dit ook ‘n onderwerp tot die oppervlak wat ons weet ‘n probleem is in Suid-Afrika; cheap labor. Tog kan ons ook nie verbaas wees dat taalgebruik in die song en die inhoud van die video sommige mense warm maak onder die kraag nie, veral die wat voorbaat trek uit cheap labour.

Gaan die video mense dryf tot geweld? Niks meer as wat Sunette Bridges se Facebook page haar ondersteuners gaan dryf tot geweld nie. Tog sien ek nie dat Afriforum ‘n klag van ‘Hate Speech’ gaan aflê teen Sunette Bridges vir kak wat sy elke dag op haar Facebook page sê nie. Want dit is presies wat Afriforum nou gedoen het, hulle het ‘n klag van ‘Hate Speech’ gemaak by die Human Rights Commission. Plaas doen hulle iets behulpsaam soos voer nog arm kinders.

‘Larney jou Poes’ is niks meer hate speech as wat Rage Against the Machine se ‘Killing in the Name’ of ‘Bullet in the Head’ hate speech is nie. Afriforum wil dit laat voorkom asof hulle die veiligheid van mense in gedagte het, wanneer al wat hulle eintlik doen is om te probeer om ‘n politiese agenda aan jou te verkoop. Vir al die goed wat Afriforum al gedoen het, het hulle ook al baie sleg gedoen.

Dit is blatantly fokken obvious vir enige persoon wat vir homself kan dink dat Dookoom hier gemik het vir publicity om te help om hul loopbaan te beforder. Dit is glad nie anders as Steve Hofmeyr wat ‘Die Stem’ sing by sy shows nie. Wil Steve ‘n oorlog begin? Nee. Hy wil relevant bly sodat hy geld kan maak. Die groot verskil hier is dat daar eintlik artistic value is in Dookoom se ‘Larney jou Poes’, iets wat Steve Hofmeyr se musiek nog nooit gehad het nie. Die cheap labour blik vol wurms is al lankal oop, die blik se inhou is nou net op die etenstafel van almal in Suid-Afrika en ook die res van die wêreld.

Ek is oortuig dat daar baie minder rassite is in Suid-Afrika as wat ons dink, tussen mense van alle rasse. In meeste gevalle is dit ‘n geval van mense wat gefrustreer is. Dookoom sê dit self die beste in die lirieke van hulle kontroversiële song:

And by the way, who the fuck is you to call my frustrated ass a racists

In Suid-Afrika het ons ‘n siekte en die siekte is om ‘rassis’ te skree vir enige ding wat ons ongemaklik maak. ANC en EFF lede doen dit gereëld omdat hulle nie ‘n intellegente been het om op te staan nie. Lyk my dieselfde taktiek is nou deel van Afriforum se onnoselheid. Ongelukkig is Afriforum besig om mooi in Dookoom en Isaac Mutant se hand in te speel met wat hulle tans doen. Want ek het nie twee weke terug geweet van Dookoom nie, maar danksy Steve Hofmeyr en Afriforum is hulle nie nou net op my radar nie, hulle is deel van my playlist.

You may also like...

4 Responses

  1. RocketLou says:

    Laat ek nou maar my stuiwer in die armbeurs gooi, ek het al in die verlede gese en ek gaan dit weer se, om te vloek in ‘n song sonder rym of ritme net om ‘n punt te maak is nie musiek nie. Net mense swak van selfbeeld en opvoeding doen dit.

    Dan wil ek net graag nog ‘n punt aanteken. As jy slapgat is en te lui is om te leer is jy cheap labour, PUNT. Want jy is ‘n niks werd werker nie. Miskien vir beton mix, tuinskoonmaak of iets soortgelyks. En moet asseblief tog nie vir my vertel hulle het nie geleenthede nie. Daar is geleenthede vir almal, dit hang net af van jouself of jy dit wil gebruik of nie. Ek het al grade plegtighede bygewoon waar huishulpe se kinders grade vang net omdat hulle vasberade was en aanhou probeer het, voor en na aparteid.

    Na 20 jaar se vryheid is daar meer as genoeg geleenthede vir almal, jy kry die wat wil toi toi en klasse brand soos my almamaters daar by TUT en wat deurgesit wil word omdat die meneer te lui was om te leer, of die soos die bogenoemde sogenaamde sangers wat nie skool toe was nie en eerder zol rook as om ‘n eerlike dag se werk te doen en dan wil moan oor hulle cheap ass labour dan moet wees, jammer om van jou probleem te hoor luigat!

    Daar is tyd en plek vir alles, maar rasistiese musiek met “n paar vloekwoorde is nie musiek nie. As jy musiek wil luister wat oor rebellie en uitbuiting gaan luister eerder Rage Against The Machine.

    Dankie

    Sela

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @RocketLou: Ek lag altyd vir mense wat die “pull yourself up by you bootstraps” denkwyse volg. Is hulself optrek aan hul bootstraps nie presies wat die “rassistiese musikante” (ek dink hier is bietjie suur druiwe, net oor jy nie aanklank vind by hule musiek nie. Deur al jou kommentaar hier op gevaaalik.com weet ons al jy is baie hardkoppig as dit kom by musiek. Alles waarvan jy hou is cool, die res is kak) doen deur hul musiek te maak nie?

    En moet nie blatante poes praat nie man. Jy weet net so fokken goed soos ek dat almal nie dieselfde geleenthede het nie. Jy praat asof een of ander kind wat uit Liberia kom sommer die CEO sal kan word van Microsoft as hy net hard werk. Dit is glad nie waar nie. My kanse om CEO te word van Microsoft is baie groter as wat die kind in Liberia se kans ooit sal wees. Net soos die lighty wat se ma werk vir R50 ‘n dag nie dieselfde geleenthede het as ‘n ou wat in Australia sit nie, of iemand soos ek wat groot geword het met ouers wat my kon stuur na ‘n behoorlike skool. Ja, 20 jaar is al verby en got weet daar kon al meer gedoen gewees het, maar daar is nie. Ek glo nie dat enige mens moet werk vir slegs R50 ‘n dag nie. Of jy nou ‘n opvoeding het of nie. Wat moet ophou gebeur is dat die 1% hulle fokken bankrekeninge aanhou oorvol stop terwyl die mense wat vir hulle daardie geld maak sukkel om hul gesinne te voer.

    Jy besef dat RATM ook baie vloek en min van hulle lirieke rym ne? Jy moet ophou om te dink dat jou siening oor wat goeie musiek is, wet is. Smaak verskil. En wat die jissis het zol rook uit te waai met enige van die kak? Zol is nie ‘n negatiewe ding nie, lankal nie meer nie.

    Ek verwag beter deurgedinkde kommentaar van jou.

  3. RocketLou says:

    Jou forum is openbare domein wat ek baie geniet, een van die min blogs wat meer is net tiet en musiek bevat, die musiek wat gedek word val per toeval in my smaak, nie alles nie maar meeste. Deur opmerkings te vra aan die einde van jou artikels beteken dit ek, of enige iemand kan opbouende kritiek lewer verkieslik positief of negatief en dit glo ek het ek in gelaag sonder om afbrekend te wees.

    Ek wil net graag ‘n paar sake duidelik stel rondom jou reply:

    Ek hou van sekere musiek nes jy, dit maak my nie hardkoppig as ek nie van jou play list hou nie, ek weet vir ‘n feit jy hou nie van al my musiek nie, nee ‘n mens noem dit smaak verskil. En dit Ruan, is wat vir ons as mens uniek maak. Ek hou nie girls met tats nie, maar miskien het sy mooi tiete dan ek ek maar daarna, weereens smaak verskil.

    Ek wil jou net graag daarop wys dat minimum loon R105 vir plaas arbeiders is waarna die bogenoemde sangers verwys, R80 ‘n dag voor hulle staking, ek weet nie so mooi waar die R 50 rand werwys nie. In my bedryf is die R125 perdag. Ons land gebruik “n kapatilistiese stelsel wat beteken dat die base meer as die klase kry want hulle neem al die risiko’s.Terwyl my werknemers tv kyk in die aand werk ek tot 11uur om seker te maak daar is geld vir almal elke forthnight om elkeen te betaal, ek staan ook voor hulle op om seker te maak alles is in polek vir die komende dag se werk. Kry ek ‘n dankie?

    Ons markstelsel is op vraag en aanbod gerig wat die regering in sy moer in probeer afbreek met rigide arbeid stelsels( lees gerus tax lies en red tape ) wat maak dat meer en meer werkers werk verloor ( wat beteken hulle sukkel om kop bo water te hou en liggaam en siel aanmekaar te hou. ) omdat ons as base eenvoudig nie almal meer kan bekostig nie. Volgens die wet van gemiddelde jy ‘n beter kans op sukses het as jy die moeite gedoen het op jou sokkies op skool op te trek toe jy daar was as die een wat skool velaat het in std 8. Ook moet in gedagte gehou word dat nie almal suksesvol in besigheid is nie ongeag of jy ‘n Phd het of nie, jy mag dalk goeie pay kry maar jy gaan nie Bill Gates of Richard Branson nie, jy het ingebore of goeie aangeleerde entrepreneurskap he. Entrepreneurskap is volgens my wat nodig is om ons ekonomie te laat groei. En glo my vry, ek het al ‘n paar dinge van besigheid by mense ( van alle kleur spektrums ) geleer wat nie noodwendig hoog geskoold is nie maar wat hulle gatte afwerk om ‘n sukses te maak van hulle self sonder dat hulle verwag die regering moet handouts aan hulle doen. Almal kan nie ewe veel geld kry nie, die kommuniste het dit reeds bewys dit nie kan werk nie, ek is seker jy is bewus daarvan? En Liberia het al in 1847 onafhanklik geword en wat te ongeluk het hulle daarmee gemaak. Opgemors! en nee die volgende groot wiskundige gaan seker nie van daar af kom nie, daar was wel een baie goeie sokker speler daar gebore.

    En was jy al in Australia? glad nie so lekker nie alles is vrek duur, of jy geleerd is of nie. En alles is nie beter daar nie en hulle weet ook nie meer as ons nie. Al gewonder hoekom is suid afrikaners aan stuur van sake van die Australiese Ope ( tennis ) of hoof van bhp billington?

    Ok, so waar laat dit ons, yes RATM hou van vloek en hulle musiek rym nie, maar watter heavy metal band se musiek rym?

    Zol in my skrywe is bloot ‘n akronieme vir iets doen terwyl jy eintlik sit en ballas bak! Vervang dit tv kyk of sigga nes jy wil.

    Die boodskap is in my laaste paragraaf van my vorige skrywe, Sypress Hill ( ok nie genoem nie )en RATM is sinoniem met goeie musiek ( en goeie zol ) en nie een van hulle musiek kom geforseerd voor om ‘n punt te probeer maak nie alhoewel hulle oor sosiale probleme musiek maak. Nie goedkoop ondeurdagte krap met swak lirike en melodiee nie.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Roccket: Smaak verskil ja. Dit beteken nie dat alles waarvan jy nie hou nie, dan kak musiek is nie. RATM het daardie song waar hulle oor en oor “Fuck you, I won’t do what you tell me” skree. My punt staan; net oor jy dink Dookoom se ‘Larney, jou poes’ is kak, maak nie dat dit kak is nie. Dit is nie kak nie, dit is juis hoekom mense so ontsteld raak. Net soos mense wat gesê het Fokofpolisiekar was kak, terwyl dit glad nie was nie. Dit val dalk nie in sommige mense se smaak nie, dit beteken nie dit is nie kak nie. ‘Larney jou poes’ is baie goed deurgedink en is eintlik catchy.

    Ek verwys na mense wat cash in hand R50 ‘n dag betaal word. Moet nie maak asof dit nie gebeur nie. Ons altwee weet dit gebeur, baie. Ek het dit al self met my eie oë gesien. Ek sê nie enige iemand moet handouts kry nie, ek sê die gap tussen die super ryk en die super arm is te groot. En dit raak net al hoe groter. Is dit omdat die super ryk nog geld kort? Vir nog ‘n huis en nog ‘n Porche?

    Ek het jou nie aangeval nie. Presies soos jy sê dit is ‘n open forum en net soos jy ‘n reg het om kommentaar te lewer het ek ‘n reg om kommentaar te lewer op jou kommentaar. Die lem is skerp aan altwee kante.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *