Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Zef, vreemd, snaaks en mooi

Net so paar foto’s om jou Vrydag reg te begin. ‘n Paar is deur Robbies geneem, een is deur my geneem en een deur my verloofde. Welkom by Vrydag. Naweek, hier kom ons.

You may also like...

14 Responses

  1. Einsteinwennersmile says:

    majin buu :O

  2. Eugene Theron says:

    Ek sien julle copy al hoe meer vir Watkykjy se manier van ding doen. Julle het boonop sommer hulle “Vrywaring” woord vir woord gevat en julle site se naam net gaan verander. Dit, byvoorbeeld is plagiaat. Kan julle nie bietjie meer oorspronklik wees nie?

  3. Stix says:

    Dag Eugene,

    Ek wil jou net in die eerste plek bedank dat jy jou regte naam gebruik. Dit is nie baie dat ons e-mail of kommentaar van dié aard kry van mense wat hul regte name gebruik nie, en om hierdie rede kan ons waarde heg aan jou opmerkings.

    Ek gaan eerlik wees hieroor. Ek verstaan nie hoe jy meen ons al hoe meer soos Watkykjy (WKJ) raak nie. Wat sou dit beteken? Ons plaas onder meer dikwels foto’s van kommin karre, snaakse insidente, ens. Daar is baie websites wat dit doen. Dit is ’n taamlike algemene ding op die internet. Ek dink nie omdat ons en WKJ dit doen, word enigiemand noodwendig ge-na-aap of geplagieer nie.

    Ek weet nie hoe baie tyd jy oor die algemeen op die internet en blogs spandeer nie. Kanse is dat as daar ’n paar blogs is wat jy elke dag besoek, jy sal sien dat so nou en dan verskyn ’n foto wat al op ’n ander blog verskyn het. Bloggers deel snaakse goed wat hulle op die internet gesien het, want nie almal lees dieselfde blogs nie.

    Dit is dus vir my onduidelik wat jy bedoel wanneer jy sê dat gevaaalik.com al hoe meer soos WKJ word. WKJ besit immers nie alleenregte op blog in Afrikaans nie, en ook nie op die plaas van snaakse/kommin foto’s nie. Ons maak nie vir WKJ na nie. Vra gerus vir al die mense wat elke week na die Soute Boudjies en Vrydag Bederf op gevaaalik.com kom kyk. Sulke tipe content kry jy nie op WKJ nie.

    As dit kom by die disclaimer, mag jy dalk verbaas wees om te hoor dat disclaimers oor die algemeen min of meer dieselfde bewoording gebruik. Een of ander slim regsknaap het op een of ander stadium die bewoording gebruik en van toe af is dit maar die woorde wat meeste publikasies min of meer gebruik, sodat hulle kant skoon is vanuit ‘n regsperspektief. Disclaimers op baie verskillende websites lyk baie dieselfde, want elke website skep nie heeltemal ’n nuwe disclaimer nie, maar gebruik bestaande general disclaimers en pas dit aan na gelang van hulle website. Dit was ook die geval met gevaaalik.com. Die frases wat in disclaimers voorkom is regsfrases, en dit sal dieselfde lyk. Dit is geensins plagiaat nie. Om te sê ons plagieer ’n disclaimer is soos om te sê ’n dominee plagieer as hy by ’n troue sê “I now pronouce you husband and wife”. Hy plagieer nie, hy pas bloot die wet toe met ’n frase wat as die norm aanvaar word. Ons het egter onlangs ons disclaimer hersien om enige onduidelikheid uit te skakel.

    Ons kry nou en dan mense wat reken ons maak WKJ na en ek neem aan dit is omdat ons blog eerstens in Afrikaans is, en tweedens in ’n besondere soort Afrikaans is, waarin baie vloekwoorde, Engelse woorde, ens. voorkom. Dit is jammer dat mense so voel, want as jy so na dinge kyk dan is daar tonne Engelse blogs wat mekaar “namaak”. Ons plaas soms iets wat reeds op WKJ verskyn het, net soos WKJ soms dinge plaas wat reeds op gevaaalik.com verskyn het. Ons maak WKJ nie na nie, hulle maak ons nie na nie, en ons plaas nie opsetlik goed wat reeds op WKJ verskyn het nie. Ons kan net nie heeldag sit en kyk wat hulle op hul site sit nie, nes ek seker is hulle nie heeldag sit en staar na elke ander Afrikaanse blog daarbuite nie. Wat ons op ons blog plaas, is nie enigsins afhanklik van wat of wat nie op WKJ geplaas word nie.

    Weet asseblief dat as jy nie van ons blog hou nie gaan ons nie kwaad wees vir jou as jy dit nie besoek nie. Besoeke aan gevaaalik.com is uit jou eie vrye wil. Hou ook in gedagte dat plagiaat ’n baie ernstige aantyging is, en, indien WKJ of enige ander website issues het met ons website, is ons seker hulle sal self ondersoek instel en dienooreenkomstig optree.

    Ek sal hierdie reply hier plaas en dit sommer vir jou mail, net om seker te maak dat jy dit ontvang.

    Baie dankie vir jou belangstelling.

    Update: Eugene se e-mail adres wat hy verskaf het bestaan toe nie, kom ons hoop maar hy lees die reply hier

  4. Ant says:

    Eugene die fag. As dit nie sy email is nie, is die kanse goed dat hy agter ‘n ander naam ook skuil.
    Niks beter om met sy tyd te doen as simpel fop houe na gevaaalik.com te swaai nie.
    Viva gevaaalik.com, VIIIIIIVA!

  5. Jakes says:

    Hehe kudos stix. Ek’s seker hy’t GLAD nie daai tipe reply verwag nie. Seker sy gat lam geskrik, ‘n skuiling gekak en gehoop dit help. Sal hom leer.

    Kick-ass site by the way. Ek is nuut hier, en sal sommer hier bly ook.

  6. Franco says:

    HOS HOS hahaha dai ou was bekstil! Daar is niks better as Stoute boudtjies en Vrydag bederf nie.

  7. Watkykertjie says:

    Nee, dis nie my regte naam of e-mail nie. Stix, wat’s jou regte naam huh?
    Die man het ‘n punt beet. Jy kan sê wat jy wil : al wat hier uniek is, is stoute boudjies en vrydag bederf. Die PLod-cast is ‘n paar laaties wat kak praat – as ek so iets wil hoor kan ek by aandklas gaan kuier.

    Don’t get me wrong – ek hou van stoute boudjies en vrydag slette, en ek sal aanhou om hierheen te kom, net daarvoor.

    “… Daar is baie websites wat dit doen. Dit is ’n taamlike algemene ding op die internet… “. Kak verskoning. Ek daag julle uit om NIE te doen wat baie ander websites doen nie, gan een beter of gan huistoe.

  8. Stix says:

    My naam is Ruan Fourie, ek verstaan nie wat jou obsessie met my is nie. Dankie dat jy aanhou om terug te kom na ons site, maak nie saak waarvoor jy terug kom nie.

  9. Watkykertjie says:

    Haha. Lyk my ek het ‘n sensitiewe sakie aangeraak!

  10. Bennie says:

    Ag wat weet die watkykertjie matnaaiertjie nou eintlik wat is oorspronklik? Die enigste ding oorspronklik in sy faktap lewe is seker dat sy ma hom geleer het oopmond soen… siestog… kry ‘n lewe bra!

  11. Joe says:

    Fok dit raak nou vervelig.

    Dankie vir jou besoek!

  12. Martz says:

    Uhm… as n Stix en Gevaaalik fan voel ek verplig om ook my kommentaar te lewer.

    Eugene het obviously fokkol beter om met sy tyd te doen as om websites te sit en reconcile nie. Fok hom en al die ander wat pyne het met die site.

    Eks nou nie juis n “stoute boudjies” fanatikus nie (en jirrr nee, moenie weer hondjies ens vir die dames plaas nie) – MAAR – Stix se skryfstukke is kak snaaks. Maar nie saak hoe ernstig die situasie is nie, hy laat dit moerse lekker en funny klink.

    Dankie vir die funky entertainment.

    Jou groot Fan,
    Martz

  13. Stix says:

    En dit is hoekom ek gevaaalik.com doen. Vir die wat dit like en vir elke persoon wat dit nie like nie maar aanhou terug kom.

  1. November 16, 2011

    […] Stoute Boudjies vir die grensers Die week sover by gevaaalik.com was lekker opwindend. Eers kry ons vir "Eugene Theron" wat lyk my toe nou nie sy regte naam is nie wat bietjie sand in sy vagina gehad het oor gevaaalik.com. As jy wil lees wat "Eugene" te sê gehad het en wat ek vir hom gesê het, kyk gerus na die Zef, vreemd, snaaks en mooi. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *