Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

WWE 2k19

Ek is nog altyd ‘n fan van WWE games. Ek onthou die middae na skool waar ek en my vriende Royal Rumble gespeel het, oor en oor en oor. Die feit van die saak is dat die WWE games nog altyd baie fun was om te speel, veral saam met jou vriende. Die nuutste WWE game, WWE 2k18, is net soos sy voorvaders net so baie pret om te speel.

WWE 2k19 Review

Begin jou eie WWE drama

Alhoewel hierdie seker die mees detailed player creator is wat ek nog in ‘n WWE game gesien het, het hulle dit eenvoudig genoeg gehou dat jy vinnig vinnig vir jouself ‘n karakter kan skep presies na jou smaak. Jy sal jou karakter se voorkoms en bewegings vir in die ring in minder as 10 minute kan reg kry, maar as jy regtig wil kan jy letterlik ure spandeer om alles te maak soos jy dit wil hê. Van daar vat jy jou karakter na MyCareer en werk jou pad op van Indie Wrestler tot by WWE Superstar!

Soos jy kan verwag van enige WWE loopbaan, gaan daar baie drama wees en die cut scenes en voice acting deur baie van die regte WWE Superstars help om jou in die storie in te suig. As jy ‘n regte fan is van die spesiale tipe vermaak wat die WWE aanbied dan gaan jy hierdie deel van die game ongelooflik geniet.

Meet jou krag teen ander WWE 2k19 Spelers

WWE 2k19 is propvol game modes om te speel. Van elke denkbare WWE match tipe wat gespeel kan word, tot by selfs speel teen ander spelers en die karakters wat hulle geskep het. Dit vat die pret van WWE speel teen jou vriende tot ‘n nuwe vlak. Nou kan jy teen jou vriende speel, van die gemak van jul elkeen se eie huis. ‘n Moerse voordeel aangesien meeste van ons nou getroud is en die geskree en hardop lag wat WWE games tussen vriende kan veroorsaak gaan nie altyd goed af met die vrou nie.

Dieselfde os met ‘n nuwe jas

Wat jy baie gaan hoor oor die 2k WWE games is dat elke jaar net ‘n reskin is van die vorige jaar se game. Dit is groot en deels waar, en baie van die mechanics en gameplay lyk baie dieselfde as die vorige titels in die reeks. Maar as jy regtig ‘n fan is van die WWE of van die WWE games, dan sal dit jou nie stop van WWE 2k19 kry nie. Daar is verseker baie goed wat dieselfde gebly het, maar die meer game tipes, meer Superstars en die player creator maak hierdie iets wat meeste fans gaan wil hê.

As jy so paar jaar uitgemis het op WWE games, dan sou ek verseker sê WWE 2k19 is nie ‘n slegte een om te vat om weer terug te keer na die wêreld van WWE games nie. Veral as jy regtig ‘n fan is van die WWE, dan sal hierdie game jou baie gelukkig maak. Ek self ken nie al die nuwe Superstars nie, maar dit is cool om Ronda Rousey en vele meer van die nuwe Superstars in die game te kan sien en te kan speel.

WWE 2k19 gaan nie ver weg van die resep af wat werk nie. Dit is wel nie noodwendig die slegste ding in die wêreld nie. Plus, as jy soos ek net heeltemal te veel van ‘n maergat is om ‘n regte WWE Superstar te word, dan is WWE 2k19 ‘n wonderlike manier om jou stoei in te kry, sonder om jou rug seer te maak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *