Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wen ‘n Rolling Stone Subscription

Rolling Stone is in 1967 deur Jann Wenner begin. Dié tydskrif is die wêreld se top musiek en pop culture publikasie. Of die onderwerp nou music, politiek of flieks is, miljoene lesers in sestien verskillende lande koop maandeliks Rolling Stone om op hoogte van sake te bly. Die tydskrif het nog altyd goeie joernalistieke standaarde gehandhaaf, en met baie integriteit het Rolling Stone se joernaliste deur die jare al heelwat kontroversiële kwessies onder die publiek se aandag gebring. Van die vader van ‘gonzo’ joernalistiek, Hunter S. Thompson, tot die ikoniese fotograaf Annie Leibovitz, Rolling Stone is vir die afgelope vyf dekades die leier in joernalistiek oor die evolusie van pop culture.

Uitgawe ses van Rolling Stone Suid-Afrika is beskikbaar in sekere winkels landwyd, met Spoek Mathambo op die cover. Die jong sanger-rapper-vervaardiger praat eksklusief met Rolling Stone oor die  angs en geheueverlies van die nuwe Suid-Afrika se jeuggenerasie.

“My music is driven to be intricate, a bit challenging – but not arrogantly so. ‘Father Creeper’ is me assessing the now, you know?” sê Spoek oor sy nuwe genre-free album wat vrygestel is op die ikoniese US indie label Sub Pop, wat ook Nirvana se eerste label was. “I’m creating a timeline, knowing that this is not just a point in space that exists in a vacuum; that there’s so much context, future implications as well as past causes.”

Soos altyd word daar in diepte gekyk na musiek, flieks en aktuele sake in hierdie uitgawe. Rian Malan bespreek byvoorbeeld die parallelle heelal van “Afrikanerdom” met een van die bekendste bands wat jy nog nooit van gehoor het nie en Bongani Madondo kyk terug na die vergete Shangaan Disco soundtrack van sy jeug. Daar is ook ‘n storie van ‘n undercover polisieman wat verlief raak op die radikale mense op wie hy moet spioeneer, Jon Stewart praat met rock legend Bruce Springsteen oor hoe Amerika se armes aanhou om die kort ent van die stok te kry en Josh Eells ontdek hoe Jennifer Lawrence, ster van The Hunger Games, die coolste girl in Hollywood geword het. Die herdenking van Bob Marley se dood word ook gevier met ‘n Ed McCormack-onderhoud uit die argiewe met dié reggae profeet.

Rolling Stone SA is beskikbaar by die volgende winkels:

Exclusive Books, CNA, Musica, Look & Listen en Spar.

Vertel ons watter artikel in uitgawe ses van Rolling Stone SA jy gedink het die beste is en hoekom jy so dink, en staan ‘n kans om ‘n jaarlange subscription op Rolling Stone SA te wen. Gaan na Rolling Stone se Facebook Fan Page of kry vir Rolling Stone SA op Twitter om in te skryf met jou kommentaar. Hashtag #RS6. Die kompetisie sluit Vrydag 1 Junie 2012.

by Stix

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *