Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat dink jy van Nickelback?

“Grinnik, grinnik, snork, snork!”

Na Soutie se post vanoggend oor waarom baie mense daarvan hou om vir Nickelback te haat, wil ons graag weet wat die gevaaalik.com-lesers van dié Kanadese band dink. Stem in die peiling regs bo op ons homepage.

You may also like...

3 Responses

  1. Die M-Been says:

    Die M-Been dink dat baie van die haat wat daar is vir N-Back het ontstaan bloot uit die feit dat hulle baie suksesvol, baie vinnig geraak het en dat hulle songs gereeld ‘n tried and tested patroon volg.

    Dis ook een van die redes hoekom so baie mense ‘n afsku het vir J-Bieb. Hy het baie skielik beroemd geword vir iets wat ultimately nie impressive was nie (as jy dit sou vergelyk met die res van die musiek wêreld) en sy een song klink PRESIES soos daai ander song wat moontlik dieselfde naam het.

    Terug by Nickelback; Ek baseer my stelling op ‘n paar besprekings wat ek al in ander forums met mense gehad het omtrent die band. Min mense kan regtig vir jou sê hoekom hulle die N haat. Hulle gooi maar net veralgemeende stellings rond (en maak baie spesifieke stellings omtrent aspekte van die band wat volgens hulle suck. Aspekte waarvoor die suckiness nie kwantifiseerbaar is nie).

    As dit kom by NickNick songs wat voorspelbaar is moet ek bieg hou hulle die hammer vas en weet waar die spyker is. Hulle slaan hom dalk nie noodwendig raak nie maar hulle besef wat basies moet gebeur. Ek moet wel byvoeg dat baie mense nie regtig wil hê hulle bands moet evolueer nie (regtig Google Translate?). Hulle as aanhangers het oorspronklik van die band begin hou a.g.v. die songs wat hulle geken het. As die band voel hulle wil hulle ou aanhangers hou deur dieselfde pad aan te hou loop, why not?

    Nie dat die band REGTIG stagneer het nie. Na ‘Silver Side Up’ het hulle baie meer hard rock geword hier na ‘Dark Horse’ se tyd toe maar die skade was klaar gedoen. Iemand het Nickelback begin ‘haat’ en die skape het gevolg.

    tl;dr: Chad Kroeger lyk soos ‘n baie verwarde tipe perd.

  2. Joe says:

    M-Been, in sekere opsigte stem ek heeltemal met jou saam. Die intense haat – soos net die internet kan! – waaronder Nickelbareback ly, is grootliks gebaseer op smaak. Mense doen dit maar: Hulle kan eintlik geen rede verskaf vir waarom hulle sê iets sleg is nie, behalwe dat hulle nie daarvan hou nie. Nickelbareback se musiek pla my nie juis nie, maar ek is nou ook nie ‘n groot fan nie. Ek het wel al daarna geluister om te probeer verstaan waarom die legions van die interwebs hulle so haat, en het tot die gevolgtrekking gekom dat daar maar verskillende redes is. Een rede, waarmee ek saamstem, is hulle verveliger-as-mieliepap-lirieke. Actually, skrap dit. Dis nie eers die feit dat die lirieke dikwels baie vervelig is nie (en dit is), dis meer dat die lirieke dikwels baie creepy ook is. Kyk wat het hierdie bra (http://www.nowtoronto.com/music/story.cfm?content=166093) byvoorbeeld oor Nickelbareback se Dark Horse geskryf:

    Chad Kroeger and co. are back with another soundtrack for date rapists everywhere. Kroeger’s voice sounds more like a wounded goat than ever before, and their blatantly recycled songs touch on familiar themes like strippers, sex, prostitutes, drugs, sex, drinking and sex. The best evidence is on the song S.E.X., where Kroeger advocates rethinking consent, singing “No is a dirty word… yes is always the answer,” or on Next Go Round, where it’s “Slap John Deere across my ass and ride me up and down the lawn.”

    Nickelback’s constant promotion of reprehensible behaviour may be über-high-concept attempt to show how creepy it is, but I seriously doubt that their Joe the Plumber following would get the message. Things get downright scary on I’d Come For You, when Kroeger threatens, “No matter what gets in my way, as long as there’s still life in me, I’ll always come for you.” Yikes!

    Yikes (gevolg deur ‘n hahaha) inderdaad.

  3. Ryno says:

    Ek sal moet saam stem dat nickelback nie vir my is nie. Maar ek sal nou nie so ver gaan en se ek haat hulle nie, is meer net iets wat mens keelvol is om te luister. Die liedjies klink almal dieselfde. Meeste van ons sal moet erken dat ons al lekker saam gesing het met songs soos how you remind me , en sal egter mense se afkeer nie aan skaap mentaliteit(wel nie in alle gevalle nie) erken nie, maar bloot omdat “middle of the road” nie goed genoeg is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *