Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Walk off The Earth – Polly

So hele rukkie terug toe Tuks FM nog “Somebody That I Used to Know” elke dag tien keer gespeel het, het ek vir julle die cover van “Somebody That I Used to Know” deur Walk Off The Earth gewys. Ek moet erken ek is ‘n fan van Walk off The Earth, al doen hulle meestal covers. Ek luister nou nog eerder na Walk off The Earth se cover van “Somebody That I Used to Know” as Gotye se oorspronklike.

Walk off The Earth het baie video’s. Een van die video’s is die een hier onder. Gewoonlik is ek nie ‘n groot fan van Nirvana covers nie, want dit is moeilik om ‘n Nirvana song beter te sing as Kurt Cobain. Dié keer is ek bly om te sê dat Walk off The Earth se cover van “Polly” ‘n baie simpel en breë glimlag op my gesig gesit het. Dit mag dalk wees oor ek effens verlief is op Sarah Blackwood (die girl in die video). Kyk die video hier onder.

You may also like...

1 Response

  1. May 28, 2012

    […] Laas week se Walk Off The Earth post het baie van julle (ons lesers) op 'n Walk Off The Earth spree gestuur. Walk Off The Earth het baie video's op Youtube en baie min van hulle is sleg. "Fairytale of New York" is 'n lekker rustige tune wat perfek is om jou Maandag af te skop. Ek kan nie genoeg kry van die band nie en ek is seker baie van julle voel diewselfde. So sit agteroor en geniet die video en as jy dit baie like kan jy sommer die free MP3 download. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *