Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van Coke Kartel – Klein Wêreld (As SA jou wêreld is)

Die manne van Van Coke Kartel het gisteraand hulle nuutste video op YouTube gesit kort na dit blykbaar op daardie mors van tyd MK was. Ja, ek het dit gesê, iemand moet. Die video begin baie depressing in wat lyk soos ‘n versorgings eenheid vir krimpies. ‘n Tanie wat opgewonde lyk oor sy miskien dink haar kinders kom kuier, en dan is dit net oupa Francois van Coke wat deur die deur geloop kom.

van-coke-kartel-bloed-sweet-trane-album-cover

Die video laat mense so bietjie dink oor oud word. Baie mense werk hul gatte af sodat hulle so gou as moontlik kan aftree en dan sit en was om dood te gaan. Nie ek nie, ek gaan die skip reguit in die rotse in ry. Dit is ‘n interesante video konsep en die deel van die titel wat in hakkies is baie waar. Toe ek in Londen aangekom het was die eerste ding wat my getref het hoe mense in Suid-Afrika met oogklappies op leef.

Wat dink jy van “Klein Wêreld” se video? Jy kan natuurlik die song op Van Coke Kartel se Bloed Sweet en Trane kry. Bestel hom sommer nou deur kalahari.com vir net R85.50 deur op daardie link te click.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *