TJ Dillashaw: 1.6 meter en 61 kilogram wat jou in ‘n ander dimensie in sal moer
Daar was nog nooit ‘n beter tyd gewees om te begin om MMA as ‘n sport te volg nie. Dit is die vinnigste groeiende sport in die wêreld, en glo dit of nie, MMA is nog besig om te evolve soos dit aangaan. Die vraag is nog altyd op almal se lippe: “Watter martial art is die effektiefste?” Karate, Judo, Jiu Jitsu, Wresteling, Kick-boxing, Muai Thai of vele meer. Daar was ‘n tyd toe wrestlers MMA gedominate het. Toe kom Henzo Gracie en wys vir wat kan BJJ doen. Ek het altyd gedink Judo is ‘n foefie tot ek geleer het van ‘n jong dame met die naam Ronda Rousey.
TJ Dillashaw is een van hierdie nuwe generasie MMA practitioners. As jy vat dat hy net ‘n kort rukkie terug in sy Bantamweight UFC bout ingegaan het met Renon Barao. Barao word deur baie gesien as pound for pound die beste fighter in die wêreld en sy fighting record bewys dit; hy staan tans op 32-2 (1). Dit is nou 32 victories, 2 loses en en no contest. Dillashaw was die underdog vir sy fight teen Barao, met ‘n 9-2 fight record.
Ek gaan nie vir jou probeer verduidelik presies hoe TJ Dillashaw vir Renon Baroa stukkie vir stukkie afgebreek het oor 23 minute nie. As jy wil weet presies hoe hy dit gedoen het, stele k voor jy lees hierdie stuk deur Jack Slack. Wat ek jou wel kan sê is dat Renon Baroa se oë amper toegeswel was van al die houe wat TJ hom mee gepeper het. TJ Dillashaw het beweging en spoed tot ‘n nuwe vlak gevat. Kyk die video hier onder en jy sal sien waarvan ek praat. O, Bantamweightsweeg in op tussen 52 kg en 53.5 kg.
Was amasing fight gewees. Daai TJ het om Barao gehop soos ‘n meerkat om ‘n kobra en stuk stuk verpoes.
Imagine ‘n super fight tussen mighty mouse johnson en TJ!!
Ek scheme UFC 175 gaan die poppe ook dans. Weidman met sy 2 devestating wins oor Silva teen die Brazillion karate kid Machida. Gaan ook interessant wees om te sien of Ronda weer arm bar kan gooi.
Dan is daar natuurlik die moeder van rematches Jones vs Gustaffson wat wag en weer later die jaar hoe Cane Velasquiz iemand vermink. O ja Rory seun teen Hendricks gaan ook piele wees. Soos jy se geen beter tyd as nou vir UFC!!