Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“The best burger in Pretoria” lei tot vrou se verdowing

Gistermiddag het Monlopark, Pretoria ‘n wreede ontwaking uit ‘n middagslapie gehad na ‘n scene by ‘n local burger joint. Patty O’Nion van Pretoria het gistermiddag by ‘n restaurant in Menlopark opgedaag, en dadelik gevra of sy kan praat met die bestuurder. Dit was duidelik dat sy ‘n beef gehad het met die local restaurant. Patty was opsoek na “the best burger in Pretoria”, of “die gevaarlikste burger in Pretoria”.

the best burger in Pretoria

Patty O’Nion was opsoek na die “the best burger in Pretoria”

“Sy’t obviously ‘n chip op haar skouer.” sê Kerl Glücklicher wat reeds besig was om ‘n paar biere te drink by die bekende eetplek.

Patty O’Nion het rondom 12:00 op 31 Julie 2018 ‘n Facebook post gesien op ‘n Facebook page. Die insturksies was eenvoudig: Kies een van die vier burgers wat jy sien en los ‘n comment om te stem vir die een wat jy dink die lekkerste sal wees. Maar skielik het Patty ander planne vir haar dag gehad.

“Sy het my so net voor 13:00 gebel en gesê ek moet asseblief die kinders by die skool gaan haal want sy het ‘n werks-noodgeval wat sy moet uitsort.” verduidelik Ringo O’Nion, patty se man. “Dit was vir my baie verdag, want Patty het nie ‘n werk nie.” Ringo se oë traan asof hy heeltyd uie sny terwyl hy praat oor sy vrou.

Patty O’Nion was ‘n recovering burger addict en was glo onder hofbevel om nie meer enige restaurante se Facebook pages te volg nie. Sy her in die verlede talle restaurante se Facebook pages gevolg net vir burger foto’s. “Dit was ‘n moerse probleem. Sy was heeltyd op haar foon. Dit is hoe hoe sy haar burger addiction gevoer het.” sê Patty se man Ringo.

Die gevaarlikse burger in Pretoria

Patty O’Nion was by die restaurant om “Die gevaarlikste burger in Pretoria” te eet. Die selgte nuus vir Patty was dat die burger nog nie beskikbaar was op die restaurant se menu nie. “Die gevaarlikste burger in Pretoria” was net deel van die #BattleBurgers. Die #BattleBurgers is ‘n kompetisie waar mense kan kies tussen vier burgers en dan stem vir watter een hulle dink die lekkerste is. Die burger wat wen word dan op die restaurant se menu geplaas vir ‘n tydperk.

“Wat meen jy ek kan nie nou ‘n 200g smoked beef burger, bacon, cherry-balsamic carmalized onions, ‘n gebakte eier en drie kase (wit cheddar, provolone en smoked mozzerella), bedien saam chips en uieringe kry nie?!” het Patty glo geskree toe sy die nuus hoor van hoe #BattleBurgers werk.

“Ek was oortuig sy gaan uitpaas. Dit was ‘n moerse lang sin om te skree daardie. Weet jy dalk wanneer begin hulle daardie burger verkoop?” sê onskuldige bystaander Kerl Glücklicher.

gevaaalik.com Burger veroorsaak die bohaai

Sover is daar nog net een van die burgers gemaak waaroor Patty O’Nion so opgewonde geraak het. Dit was sowat twee weke gelede toe die skepper van die gevaaalik.com Burger by Capital Craft Menlopark was om sy resep met die hoof-chef te deel.

“Ek het gehoor as hy uit sy kar klim is daar soos ‘n trail of smoke wat hom rondvolg, saam met so soet reuk.” vertel een van die kelners by die restaurant oor die skepper van die “beste burger in Pretoria”

Best burger in Pretoria

Op die ou einde moes ‘n ou met ‘n dart gun en ‘n ambulaans gebel word om vir Patty O’Nion uit die restaurant te kry. Die paramedici was vroeg op die toneel. Die bestuurder van die ambulance, Lance Ambu, het gesê dat hy nog nooit mense sien so tekere gaan oor ‘n berger nie.

“That woman wouldn’t go down. I’ve darted wild animals that put up less of a fight. People are going insane for this gevaaalik.com burger. This is the second crazy I’ve had to dart in this area in the last 24 hours.” sê Lance Ambu, heel uit asem na sy stryd me Patty O’Nion. Volgens die ‘Eks van die Ooste‘ [sic] Facebook group is Patty nou weer 100%, varkies in ‘n hokkie.

best burger in Pretoria

“Some say the gevaaalik.com burger, is the best burger in Pretoria” – Jermy Clarkson

Wat as jy die gevaarlikste burger in Pretoria wil eet?

Gaan eenvoudig na die Capital Craft in Menlopark, of die Capital Craft in Centurion, en bestel jou gevaaalik.com burger want hy is nou op die menu tot 31 Augustus 2018. R95 vir die gevaarlikste burger in Pretoria. 200g smoked beef burger, bacon, cherry-balsamic carmalized onions, ‘n gebakte eier en drie kase (wit cheddar, provolone en smoked mozzerella), bedien saam chips en uieringe is die gevaaalik.com burger. Waarvoor wag jy, kry jou gat by ‘n Capital Craft en druk die gevaaalik.com burger in jou gesig.

Loading…

You may also like...

1 Response

  1. antman says:

    goeies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *