Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

STRAB – Ons kap graag!

Hello maats! Is dit nou vir jou lekker om bietjie vir julle te kom griffel oor wat ek glo die lekkerste blues fest wat ons land vir ‘n ander kan aan bied! Vir die van julle wat nie bekend is met STRAB nie. Sit nou jou elektroniese toestel af en gaan loop in ‘n kar vas! Hehe grappie! Ek sal jou gou tou wys maak!

As jy ‘n paspoort byderhand het en ‘n 4×4 besit, of altans ‘n Chomkommer ken wat een besit, moet julle nou al plan maak dat julle ‘n draai moet kom swaai. Laas jaar was ek genooi om die fees by te woon en ek het gedink, nog ‘n stempel in die ou paspoort behoort nie seer te maak nie. Jy pak jou tassie en gooi jou drank in plastiek bottels. Die strate daar het nie teer nie, jy moet vas hou seun.

Die fees is vreeslik georganiseerd. Soos wat jy daar aan kom soek hulle jou naam in die boekie. Daar woord vir jou gewys waar jy kamp en shamalamadingdong daar gaan jy. Dit is vakansieoord vibes. Netjies en skoon! Nou het jy die see. ‘n lekker kamp plek en badkamers wat nie soos iemand anders se rum kak ruik nie. Kom ons vergeet nie van die feit dat daar geen rooi stof is wat jou longe konstant aan val nie. Daar is chalet opsies asook tents on deck met beddens in. Dit is nou luuks!

Elke liewe jaar probeer ek myself oorreed dat as ek daar aan kom dat ek die eerste aand sal maak. Maar ek kies om van 0 to hero in 1.poesvinnig te skiet. Die jaar was daar ‘n cirque de Malongane tema! En dit was buitensporig befok! Strippers, fire dancers, mense wat kitare met grinders oop saag, seerowers en allerhande beeldskone anarchy. Dit is so maklik om vasgevang te word met die oorweldigende hoeveelheid R&R’S wat mense by jou keel af gooi. Hulle word met ‘n swaar hand gegooi en nee bestaan nie in enige iemand se woordeskat nie. Soos wat mens deur die strate ry pop mens in by ‘n bar hier en restaurant daar. Dis lekker om te sien hoe kreatief mens kan raak met rou materiale. Die punt is, Jy WIL die eerste aand maak! Dit is ‘n beach party wat jou asem weg slaan! Sand, see, musiek en groeie tye wat nie ophou rol nie.

Soos wat jy wakker word met die salige klanke van die see en jy het jou boudjies gewas. Kan jy van 10uur af al bands gaan kyk by die top deck. ‘n bar met die uitsig van die see en musiek wat die dromme binne jou oor prikkel. Van 5uur af maak die main stage oop en orkeste wat bietjie meer plek op vat kan begin.

Die bands wat gekies word kan mens sien is mense wie se passie vir Musiek straal. Ek kan nie help om soms emosioneel te raak nie. Die ligging kan ook dalk ‘n faktor speel maar ek kan nie ophou kyk nie. Ek sou uit brei op van die bands wat vir my uitgestaan het maar… Fok jou! Kom kyk eerder self hoe ontsagwekkend die lewe is en hou op agter jou skerm lewe! Ipv by die huis sit en saam met die selfde kwêtte te braai weekliks en gesels oor hoe Cool julle is, kom kry bietjie vitamine kultuur.

As jy nou saam gesleep is en nie een van die nice mense op die lineup trek jou aandag nie kan jy wag tot middernag dan kan jy jou koekies gaan verloor op die deck. Daar sal ‘n paar DJ’s wees wat jou biscuit sal aanmoedig om te skud.

Mens kan in die aande lekker rond ry en al die vreemde plekkies verken as jy lus is om weg te breek. Ons het so bra Samuel ontmoet wat vreeslik baie moeite in sy kos en diens sit. Sy plekkie is nuut. Suzies afro bar. Die man help graag!

Tussen al die lekker mense en goeie bands kan ek eerlik waar sê dat ek verseker weer gaan besoek! Mens kan nie verkeerd loop met musiek wat jou hartsnare prikkel nie. Dit is vir my lekker om net enige tyd by die onbekende in bars.

Dude, as die lus jou prikkel kan jy gaan fokken duik! Soosin met die suurstof en goggles, ALLES! Hoeveel musiek feeste gee jou geleentheid om na vissies in die water te kyk of jou lieflike dame kan beïndruk met ‘n verlowing?

Die lewe is ‘n avontuur, hoekom kan jou fees nie ook een wees nie.

Wees gelukkig wees geïnspireerd.

Kyle van Die Masjiene.

Die Masjiene Facebook

Die Masjiene Soundcloud

Kyle Ludwick

Kyle Ludwick is een helfde van Die Masjiene. Wat meer wil jy weet?

You may also like...

1 Response

  1. May 31, 2017

    […] Miskien het jy al gehoor van die tropiese strande wat te vinde is by STRAB. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *