Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sesling: Terwyl ons op ‘n “metal high” is

Die naweek het gekom en gegaan en so ook het In Flames. Die afgelope naweek se RAMfest was ‘n reuse sukses en ek dink elkeen van ons is vandag nader aan ons metal roots as ooit tevore – ek meen, wie sou nou ooit dink dat so ‘n band RSA toe sou kom? Beslis nie ek nie, tans is ek nekloos, rugloos, geldloos en brilloos, want alles is of gebreek of weg. En dit was definitief die moeite werd.

Terwyl ons almal op ‘n rock/metal high is, wil ek Sesling aan julle voorstel.

Sesling is ‘n Pretoriase groep wat in 2009 ontstaan het met die doel om ‘n ateljee- en lewendige musiek-projek te wees. Tans bestaan die band uit:

Andre Pereira – stem
Tjaardt Swanepoel – kitaar
Le-clue Basson – tromme
Nico Kruse – kitaar
Ben Schempers – baskitaar en stem

Hul eerste optrede het al in November 2009 plaasgevind en hulle is steeds aan die sing met ‘n paar splinternuwe singles oppad. Hulle het ook al opgetree saam met die international groep Horse the Band en beplan ‘n massiewe toer hierdie jaar, onder andere na Potchefstroom, Stellenbosch, Durban, Bloemfontein en Port Elizabeth.



Hul eerste enkelsnit, “Wolwe”, het nommer een gehaal op TuksFM 107.2 se SA Top 10 en Metal Melusia-treffersparade. Die tweede enkelspeler “Dans Alleen” is in April 2010 vrygestel en het op verskeie radio-stasies gedraai.

Sesling is tans besig met beplanning om hulle nuwe enkelsnit “Atmosfeer” vry te stel en ek wil weet wat jy van hierdie teaser dink. Kyk die kort video en gooi jou opinie in die comments tab hieronder.

You may also like...

2 Responses

  1. Stix says:

    Ek dink hulle musiek kort werk.

  2. Joe says:

    Ek dink ook hulle moet maar nog bietjie tyd in die ateljee spandeer. Hulle lirieke kan doen met nog aandag. “Ek staan hier voor jou deur / Verdrink in atmosfeer”? What the fuck? Wat beteken dit? Net omdat “deur” en “atmosfeer” rym, gee geen betekenis aan daardie twee sinne nie. Wat is dit? ‘n Opdrag? ‘n Beskrywing? Dit klink vir my ontstellend baie na “Die kat / Sit op die mat / Langs die bad”.

    Dis treffend, maar vir die verkeerde redes. Back to the drawing board, chaps.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *