Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

3 Redes om ‘n Xbox One S te kry as jy nog die Xbox 360 het

Gister was Xbox aan die beurt by E3, en hulle het glad nie terug gehou met die hoeveelheid cool shit nie. Daar is natuurlik Xbox Exclusives aangekonding (ons sal later na hulle kyk) en ook die nuwe Xbox One S. Dit is nou die kleiner boetie van die Xbox One en dit lyk of kleinboet regtig die beter opsie is. Hier is 3 dinge wat die Xbox One S beter maak as sy ouboet.

Xbox One S

4k Ultra HD Video support

Die nuwe Xbox One S kom met 4k video support. Dit beteken binnekort sal jy games kan speel in Ultra HD. Die One S het ook HDR (High-dynamic-range) capabilities en soos het ook 4k Ultra HD Blu-Ray support. Dus sal die programme wat jy kyk en die games wat jy speel beter lyk as ooit van te vore.

News xbox one s

40% Kleiner as die Xbox One

Die eerste ding wat ek agtergekom het toe ek my Xbox One uit sy boks haal is hoe groot hy is, groter as my Xbox 360 in fact. Deesdae het meeste van ons meer as een ding wat saam met ons TV werk wat by die TV staan. Dit kan spasie soms ‘n probleem maak. Ek moet erken dat my Xbox One ‘n great media center geword het in my huis, veral omdat hy so lekker werk saam met Windows 10 kompers, maar steeds, dit is ‘n groot ding.

Xbox One S Size

Dier Xbox One S is 40% kleiner as sy ouboet. Dus vat hy aansienlik minder spasie by jou TV-kassie. Die Xbox One S kom ook met ‘n ingeboude poewer supply, wat beteken jy het ook nie meer die baksteen-size power supply wat ook blyplek moet kry nie. Die Xbox One S kan ook regop staan en dus nog minder plek vat. Luuks.

2 Terra-byte Hard Drive Opsie

Ek het een game op disc, al die ander Xbox One games wat ek het is digital downloads. Minder spasie op my rakke, maar meer spasie op my Xbox se hard drive. Gelukkig kom die Xbox One S met ‘n 2T hard drive opsie. Dit is nou 4 keer groter as die hard drive wat ek tans het in my Xbox One. Gelukkig kan jy ‘n external hard drive ook gebruik saam met jou Xbox One, maar die One S met 2 terra-byte hard drive is ‘n baie aantreklike opsie as jy ‘n games hoarder is.

xbox-one-S

[BONUS REDE] Die Xbox One S kos basies dieselfde

Die Xbox One S begin by $299 vir die 500Gig een, $349 vir die 1T en $399 vir die pappa met die 2T hard drive. Dus is die nuwe cooler Xbox nie duurder as die Xbox One nie. Eintlik kos hy min of meer dieselfde en is selfs die pappa met die 2T hard drive goedkoper as wat die Xbox One was toe hy gelaunch het in 2013.

Tyd om jou Xbox 360 te upgrade

Daar het jy dit, 3 (eintlik 4) redes wat die Xbox One S die moeite werd maak om te kry, veral as jy nog net jou Xbox 360 het. Hel, ek het my Xbox One net so paar maande gelede gekry en ek wil steeds vir my ‘n Xbox One S kry. Veral aangesien hy nie eers duurder gaan wees nie en al in Augustus beskikbaar gaan wees.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *