Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Player Unknown Battleground tease met nuwe maps

As jy nie Player Unknown Battlegrounds (PUBG) ken nie is daar ‘n gaping in jou opvoeding. As jy nog ‘n leek is, hier is ‘n vinnige opsomming:

PUBG is ‘n Survival Shooter game waar 100 ouens in een map in gedrop word uit ‘n vliegtuig uit en jy moet probeer om lewendig te bly tot almal vrek is en jy is die laaste een oor, soos Highlander. Dis die basics. As jy meer wil weet, gaan lees wat Stix te sê het oor PUBG HIER. Jy kan ook StoneMountain64 se video hier onder kyk om ‘n gevoel te kry van die gameplay.

By E3 het Bluehole vir die eerste keer aangekondig dat daar twee nuwe maps release gaan word. Saam dit het hul ook met ‘n nuwe kort tot mid range wapen gespog. Die eerste teaser van een van die nuwe maps is gister getweet deur Player Unknown se offisiële Twitter blad.

https://twitter.com/BattleRoyaleMod/status/881932191877419008

Al wat ons tot dusver weet is dat dit duidelik in ‘n woestyn is en dit in Peru af speel. Daar is ook gedeel dat die volgende map in ‘n sneeu wêreld sal wees. Ons het nog niks foto’s van dit gesien nie, maar ek is seker dit gaan gou verskyn.

Met die release van PUBG op Xbox is ek bitter opgewonde oor die nuwe maps. Ek self het nog nie PUBG gespeel nie, maar ek het al baie YouTube videos gekyk van dit. Verwag baie PUBG content in die toekoms. Ek’s seker ek gaan weer heeltemal teveel tyd op dit spandeer.

Edit deur Stix:

Ek kon myself nie help nie, en moes net vir almal hierdie flashback deel

https://youtu.be/GzMM9kfU8-Q

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *