Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Andre Nel, Suid Africa se eie Tiger Woods word vir nog n ses geslaan !


Suid Afrika, ons is werklik n unieke land, as dit nie ons politici is wat dink hulle is besig met n audition vir die sirkus nie is dit ons sporthelde. Hierdie Andre Nel debakel het my van voor af laat lag na ons land se voorgestelde rolmodelle. Ek sukkel om uit te figure en dalk kan jy my help met hierdie vraag. Wie was Andre se sportheld toe hy nog kind was? Was dit dalk Joost? Miskien Tiger? Wie weet? As ek so na sy aksies kyk blyk dit asof albei n baie groot rol in Andre se lewe gespeel het.

 Right, vir die van julle wat nie weet nie, die kalant is met sy broek op sy enkels betrap en hy het dit nie eers probeer optrek nie. Dis ook nie die eerste keer dat hy in die kak is oor sy optrede nie. Hy is al gevang dagga rook saam met Herchell en hy het al BAIE kak kwyt geraak op die krieketveld. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek dink die bra het n sagte plekkie in ons almal se harte! Sy “rebel-like behaviour” was nog altyd befok. Dis net jammer dat hy nou met sulke kak moet sit en dit nog aan die einde van sy loopbaan.

 Daar word beweer dat hy n volle drie skelm verhoudings oor die jare gehad het. Dit klink asof die man meer aggressief in die slaapkamer is as wat hy op die sportveld is, hy het confess dat hy daai blondebom van Surrey op drie geleenthede twee keer gespuiker het, dalk moet hulle hom toets vir verbode middels. Oh fok iemand moet nou net voorentoe kom met n video clip van Andre wat besig is om devils dandruff van Sachin Tendulkar se kolf af te snuif. Dan sal jy sien hoe dans die poppe.

 Wat is dit met ons sport sterre? Ek blameer dit op die vuil water wat die regering ons dwing om te drink. Errens moet die nagevolge begin wys en ek dink dit steek kop uit op ons sportvelde. As dit nie n moerse bakleiery is op n kaapse rugbyveld nie dan naai ons grootste sportsterre rond. Eintlik wil ek al hierdie brasse bedank, hulle verskaf eindelose genot aan die gevaaalike crew en eks seker die publiek skreelag elke sekonde net meer en meer. Dit wil voorkom asof hierdie ouens/vrouens in n resies betrokke is om te kyk wie hulle name met die grootse plank kan bliksem.

Hiers n nota vir al ons opkomende sportsterre:

Loop asb wye draaie om:

1. Slapslette
2. Dwelms
3. Sex changes
4. Juanita du Plessis

Check die video, dis asof dit nie vernederend genoeg was dat die windgat Indiense kont hom met n “dropzone – tekkie smelt” beweging gemok het, straight nadat hy hom gebliksem het vir n ses nie. Andre my vriend…hierdie is net jou eie skuld !!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *