Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi week is hier!

Die week waarvoor baie van ons al die laaste paar maande wag is hier. Oppikoppi 2011 begin Vrydag. Baie mense slaan al van Woensdag af deur na die kampgronde. Dit gaan befok wees. Ek het besluit om hier vir julle ‘n lysie aanmekaar te slaan van goed wat jou Oppikoppi sal verbeter. Daar is ook so ‘n paar tips van goed wat jou Oppikoppi kan versuur en wat jy eerder moet of nie moet doen nie.

Oppikoppi Checklist:

  • Wetwipes, om jou kieliebakkies so nou en dan te kan skoon vee
  • Kakpappier
  • ‘n Nuwe onderbroek/boxer/g-string/panty/kous vir elke dag
  • Warm klere. Die weer is lekker in die dag as jy dans, maar saans as jy sit en suip raak dinge koud
  • Kombers/slaapsak, of iets om onder te slaap
  • Enige persoonlike meds wat jy dalk mag kort, soos asma-pompie of pille vir jou hooikoors
  • Hoofpynpille. Vat fokken baie Panado, Disprin, Myprodol, Anadin en Grandpa. Pak sommer tien van elk. Jy gaan dit nodig kry
  • ‘n Waterbottel of ander plastiekbottel wat jy sal kan invat na die stage area. Glas word nie toegelaat nie
  • Vat maar vir jou ‘n paar skoene wat dorings sal kan handle en waarvoor jy nie vreeslik baie voor omgee nie. Hulle gaan vol stof en moontlik jou of ‘n pel se kots terugkom
  • Firelighters en baie hout. Jy gaan wil vuurmaak
  • ‘n Stoel is altyd ‘n goeie idee
  • Water. Jy gaan water wil hê, so vat maar so hele paar liter saam
  • Koelboks
  • Flits
  • Tent

Tips vir Oppikoppi

  • Los jou kommin agressie by die huis. Daar gaan baie dronk mense wees, maar almal is daar om hulsef te geniet. ‘n Fight gaan net jou naweek kak maak
  • As jy van plan is om ‘n los goose op te tel vir ‘n naai, maak seker dit gebeur op aand een. Onthou, die dames gaan ook nie kan stort nie en hulle lyfies is lekker vuil en vol stof. Enough said. Plus jou piel gaan ook op dag twee stink soos ‘n kleintjie wat dae laas gewas is. Spaar ons almal
  • Maak seker jy ken die pad terug na jou tent toe. Voor jy gesuip raak. Glo my, dit is kak om ‘n tent te moet soek as jy kont dronk is
  • As jy en jou pelle deur die loop van die dag mekaar missuip, move on. Maak nuwe vriende. Om te loop en soek vir jou vriende is ‘n mors van tyd. Jy sal hulle evetually weer raakloop
  • Moenie kots in jou tent nie. Dit is nooit lekker nie
  • Vat genoeg cash saam en pas jou cash op. Die ATMs is altyd ‘n fokop van ‘n lang ry
  • Maak vriende met soveel mense as wat jy kan. Almal is daar met dieselfde doelwit: Om te suip en te party
  • Los jou selfoon in jou kar. Jy gaan dit verloor
  • Neem baie foto’s. Neem foto’s van jou pel wat uitgepass het, neem foto’s van bands, neem foto’s van alles. Jy gaan die foto’s nodig kry om meeste van die naweek te onthou en dan kan jy die beste/snaakste foto’s aan ons stuur om interweb famous te word. What happens at Koppi stays on Facebook
  • Geniet jouself. Oppikoppi is maar net die befokste festival in Suid-Afrika en dit is altyd befok

Daar het julle dit. As julle nog voorstelle het los dit in die comments. Geniet Oppikoppi, en sien julle daar!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *