Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Natasha – Boe ba bokkie

Ja, die video en musiek is net so onnosel soos die naam. Natasha se “Boe ba bokkie” is bewyse dat die epidemie van toondoof en onnosel nogsteeds ‘n probleem is onder Afrikaans sprekende mense in Suid-Afrika. Ek weet niks van Natasha nie en ek weet ook nie wat beteken “Boe ba” nie. Dus baseer ek alle afleiding wat ek nou verder gaan maak 100% van die video af.

Heel eerste ding wat jy agterkom uit die video is dat Natasha glad nie so onskuldig is soos wat sy wil hê ons moet dink nie. Sy wys dit blatant deur die bakkie te was in haar bikini top en kort broek. Kyk hoe is die broek strategies los voor. Ek sal verby hou dankie, maar daar is baie ou boere ooms wat laas so harde horing gehad het toe hy Viagra getry het. Given die ligging van die video op ‘n plaas is, sou ek sê Natasha het haar teiken mark mooi gekies.

Boe Ba Bokkie - Natasha

As jy gedink het jy gaan intelligente of thought provoking lirieke in “Boe ba bokkie” kry dan gaan jy diep en inniglik teleurgesteld wees. Die heel eerste lirieke wat jy hoor is “oe ah bokkie” wat 3 keer herhaal word. Hierdie eeste lirieke is gebasseer op die geluid wat die ou boere oom maak terwyl hy ‘n dratie kap oor Natasha wat die kar was. Dan hoor jy Natasha probeer sing. Dit is dadelik opvallend hoe vals sy is. Duidelik haat haar ouers haar, want hulle lieg nog haar hele lewe lank vir haar deur vir haar te sê sy kan sing.

Gelukkig as jy voel jou aandag moet afgetrek word van haar stem kan jy jouself verstaar aan die kitch-Afrikaaner decor wat in Natasah se huis is. Haar kêrel in die video het die kans gehad om ons almal se leiding tot ‘n einde te bring, as hy maar net daardie bakkie se bonnet toe geslaan het toe sy op die engine gesit het. Dames, as enige ou ooit vir jou sê: “Bo ba bê bokkie, ek is lief vir jou”, trek die sneller van die geweer en hardloop so vinnig as wat jy kan weg van die ou af weg.

Toe Natasha vir haarself begin make-up aansit toe kan en dit nie meer vat nie. Ek kan net soveel breinskade afweer in een dag. Hier is die video, ek is jammer.

Dankie aan JP en Benru wat altwee die video vir my gestuur het. Dankie dat julle my ore AIDS gegee het.

You may also like...

9 Responses

  1. Wynkan says:

    Ek het my mense in Brakpan en die verre weste van PTA gebel en hulle beweer “Boe ba” beskryf losweg verstandelik gestremd / kokie.

  2. Stephanie says:

    Dink sy regtig toe sy die video maak sy is die volgende Britney Spears? Eina

  3. Drikus says:

    nogal n nice song ek like dit dalk moet jule net jule toe bryne oop maak

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Drikus: Ek wens ek het geweet wat “bryne” is. Jissis, ek lag nou al hardop vir jou comments.

  5. Ekke says:

    uhm…. uhm….. ok ekt regtig nie woorde nie

  6. Johan says:

    kyk, ek hou baie van die juwele wat julle ouens oplewer en sulke videos maak my darem dankbaar dat ek weet watter kant van die spoorlyn die beter kant is

  7. Kris says:

    Where can i see this video? I liked it from usa

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Kris: Thank the gods that the video has been removed from YouTube. Believe me, they did you a favor. You do not want to see this video, also the actual song will make your ears bleed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *