Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

My Family Stickers: Ons obsessie met klassifikasie

Ek is seker dat meeste van julle al die nuutste klug wat ons samelewing van die wal af diep in die sloot in sleep gesien het. Dit is duidelik ‘n poging om die mensdom nog meer onnosel te laat lyk. My Family Stickers. Daardie verdomde stokmannetjies wat almal dieselfde dooie glimlag het wat agter op talle idiote se karre verskyn. Maar hoekom verkoop dit?

My Family Stickers

Daar is ‘n voordeel daaraan om deel te wees van ‘n trop as jy ‘n rooibok is. Meer targets vir daardie monsters (jy kan dit maar ‘n leeu noem, enige iets wat my met sy gesig dood maak is ‘n monster) wat jou wil eet vir ontbyt, middagete en aandete. Meer oë om uit te kyk vir die monsters wat jou wil eet ens. Dit tel vir mense ook, ons hou van in groepe lewe, maar by ons gaan dit baie dieper. Daar is ‘n gat in ons.

Ons het begin lewe in groepe oor ons agtergekom het dit is makliker om jouself te verdedig teen vyande. Dit was ook makliker om ‘n kleiner groepie vyande op te fok met jou groter groep. Ongelukkig is een van die probleme met groepe dat daar iemand in charge moet wees. Dit self is nie ‘n probleme nie, dit is goed om iemand te hê wat goeie besluite kan neem want hy kan logies dink. Die probleem is dat daar altyd ‘n asshole gaan wees wat ook die leier wil wees van die groep. Dan is daar mense wat die asshole se kant gaan kies en daar gaan mense wees wat natuurlik die leier wat tans in beheer is gaan ondersteun.

Kom ons noem die twee groepe in ‘n komplete hypothetical situasie, die Liberale en die Konserwatiewe. Van daar af suifer dit deur alles in ons samelewing. Van watter politieke party jy voor stem (of nie stem nie), watter rugby span jy ondersteun en watter selfoon is beter. Dink daaroor; Playstation vs Xbox (Xbox vir my), iPhone 5 vs Galaxy S4 (Ek verkies iPhone, maar het die Samsung oor hy goedkoper is) en pro-dagga vs anti-dagga (al het ek vriende wat se hulle gee net nie om nie).

Dit lyk my dit gaan nou so diep dat ons selfs ons gesinne moet klassifiseer in ‘n groepie in. Pappa ry bergfiets of vang vis. Mamma kan ‘n voorskoot dra of sy kan ‘n besigheid pak aan hê met ‘n selfoon aan haar kop vas geplak. Boetie speel sokker of hy speel guitar, en hy speel baie met homself. Sussie is ‘n cheerleader of sy is ‘n sletterige geeky meisie. Almal met dieselfde dooie glimlag. Ek het al daardie dooie glimlag al gesien van te vore, op 1940’s Nazi posters met Nazi gesinne op.

En as jy dit nou wil bietjie op spice kom ons vra die kinders om die stickers te kies terwyl hulle ouers nie daar is nie. Pappa die alkolis wat so nou en dan boks, teen sy gesin. Mamma wat haar kinders leer dat daar ‘n god is wat mense as uitverkorenes kies gebaseer op hul ras. Boetie wat kar parte steel en verkoop vir nog tik/cat/coke/heroin. Sussie wat aan depressie lei en nooit uit haar kamer uit kom nie. “My Family OG” (Original Gangster, Google dit).

So miskien eerder as wat jy R19,99 (ja, vir ‘n fokken sticker wat minder as twintig cent kos om te maak) per ‘My Family lid’ betaal, moet jy eers met my kom praat. Ek het minora blades en slaappille op special. En voor hierdie tong in die kies stukkie te donker raak vir my gemoedstoestand; ons almal is grootmense, ek gaan jou nie se wat om te doen nie. Ek gaan jou wel spot en grappe maak as jy die onnosel stickers op jou kar het. Of kom vra my eerder vir ‘n gevaaalik.com sticker.

Skree vir jou rugby span as jy wil en plak stickers op jou kar, solank jy dit geniet. Maar lag net saam as mense begin grappe maak. Soos ek met rugby: ek lag altyd vir die span wat verloor het as mense daaroor praat by ‘n braai, al kyk ek nie eers rugby nie. As hulle my vra vir wie skree ek, hoef ek net een ding te se: “Ek is gebore in Pretoria…” en dan sal ek jou wed dan iemand begin grens oor die Bloubulle, al ondersteun ek niemand. Dit is reality TV.

You may also like...

6 Responses

  1. Stephanie says:

    gaan dit nou oor die sticker wat ek op my kar het?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    Nee, dit gaan oor alle My Family Stickers. Ek het nie geweet jy het een op jou kar nie. Maar kom kry ‘n gevaaalik.com sticker by my en haal daardie sinnelose kak van jou kar af.

  3. Stephanie says:

    voor jy praat oor wat op my kar is… Doen jouself n guns en gaan kyk.
    https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/947381_10151703455922533_2031119951_n.jpg

  4. Ruan Stix Fourie says:

    Touche!

  1. June 12, 2013

    […] dat julle gevaaalik.com aanhou ondersteun met alles wat hier aangaan, podcast, gevaaalike dames, opinion pieces en […]

  2. June 14, 2013

    […] P.S. Het jy My Family Stickers op jou kar? Moet dan asb nie hierdie lees nie: My Family Stickers: Ons obsessie met klassifikasie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *