Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Musiek – Iets vir almal

Gewoonlik op gevaaalik.com sal jy net rock of metal sien. So hier en daar glip ‘n electronic track deur, soos my horrible dub-step phase. Vandag het ek besluit om dinge bietjie op te mix met so ietsie van alles. Daar is ‘n paar mash-ups en ook so twee lekker nuwe bands wat jy moet leerken. Right, kom ons begin.

Ietsie van alles musiek

Florence and The Machine vs John Martin vs Miley  Cyrus – Reload again your life

Ek weet, ek weet, Miley Cyrus. Toe ek agterkom dat my voet saam met die een op en af hop het ek amper in die badkamer myself gaan ophang met my belt. Ek hou baie van Florence and the Machine, maar is glad nie ‘n fan van Miley Cyrus se musiek nie. Ek weet ook nie eers vir John Martin is nie.

Hierdie een is meer vir die gevaaalik.com leser wat nie so groot van van my normale musiek keuses is nie. Give it a try en laat weet wat jy dink.

The Birds of Satan – Thanks for the Line

Net gister het ek julle vertel van Taylor Hawkins se nuwe band met die awesome naam, The Birds of Satan. Gelukkig vir jou het ek toe gisteraand ook ontdek dat hulle eerste single beskikbaar is. Ek like dit en kan nie wag om die res van die self titled The Birds of Satan album te hoor nie. Hier is die song “Thanks for the Line”

Left Lane Cruiser – Black Lung

Ja, nog so bietjie vuil bluesy rock ‘n roll. Dit is iets waarvan ek maar net nie genoeg kan kry nie. Left Lane Cruiser is ‘n band wat ek die week eers ontdek het. Ek het tot dus ver nog net na All you can Eat album geluister en ek hou waarvan ek hoor. Dit is altyd befok as jy ‘n nuwe band ontdek waarvan jy hou.

Aerosmith vs Led Zeppelin & Supertramp – Dreaming Of A Whole Lotta

Moet my nie vra wie Supertramp is nie. Klink vir my soos ‘n title wat die wenner van een of ander hobo-fight tournament kry saam met sy bottel spirits en bietjie gom. Wat ek jou wel kan sê is dat die ‘n lekker mash up is, well worth a listen.

Metallica vs Panjabi MC – Metallica Goes To Punjab

Die een is net plain fun. ‘n Lekker heavy Metallica riff moet bietjie punjabi in die agtergrond. Ek gaan die een verseker request volgende keer as ek in ‘n India restaurant is. Gaan hulle dit actually speel? Ek dink nie so nie, maar die is ‘n lekker een om te luister.

Mooi man. As jy ‘n voorstel het van ‘n song waarna ek moet luister, gooi ‘n link in die comments hier onder.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *