Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bra Run 2011

Oktober is intertnasionale Breast Cancer Awareness Month. Hier by gevaaalik.com is ons 100% agter gesonde borste, boobs of pramme, net soos jy dit wil noem. After all een uit elke agt dames word deur borskanker geaffekteer. So die goeie ding om te doen is om jou boobies gereeld self te check. As jy dit nie self wil check nie is ek seker jy sal ‘n outjie ook kan kry om jou uit te help met die “oefening”.

Toodoo (‘n website wat jou vertel wat gebeur in Johannesburg) het verlede jaar saam met die Breast Health Foundation van SA besluit om die eerste Bra Run te doen om te help met Breast Cancer Awareness. Die jaar gaan hulle dit weer doen en jy kan deel wees van die pret.

Op Vrydag 30 September kan jy gaan hol saam met jou vriendinne (hoe meer hoe beter) deur die strate van Johannesburg. Die run begin om 17:30 op die hoek van 4de Laan en 13de Straat in Parkhurst. Jy kan selfs jou boyfriend saam sleep en hom soos ‘n drol laat lyk met een van jou bra’s aan. Ek is seker hy sal net kla vir die eerste paar minute tot hy al die ander girls in hulle bra’s sien rondhol. Kom nou, dis alles vir ‘n goeie doel.

Check hulle Facebook page ook uit.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *