Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jim Jefferies voel ‘n fok vir Oscar

In lig van die Oscar debakel is meeste mense nog bietjie op die agtervoet wat grappies aanbetref.  Dit is ‘n teer sakie aangesien ‘n mooi jong dame in die fleur van haar lewe vermoor is.  Daar is baie grappies oor Oscar gewees voor die groot saak, soos byvoorbeeld:  “Wat koop jy vir Oscar as hy vra vir ‘n dop?  Twee enkels.”  Dit kan seker na die saak aangepas word na “Waarvoor vra Oscar as hy inloop by ‘n bar?  2 Enkels vir my en 4 shots vir my girl”, maar kom ons wag maar vir die verdict.  Tot dan sal so iets baie onvanpas wees.

Jim Jefferies

Ek kry gister ‘n video op whatsapp.  Die comedian se naam is Jim Jefferies – as jy nog nie van hom gehoor het nie is daar ‘n paar dinge wat jy in ag moet neem voordat jy gaan YouTube-surf.  Eerstens, hy is ‘n Australiër.  Dit behoort ‘n paar dinge vir jou duidelik te maak, soos die feit dat hy likely die werpsel van Britse kriminele is wat so sleg was dat hulle op ‘n eiland (Australië) gesmyt is.  Hulle is ook baie (miskien té) lief vir skape en het tot die 80’s Aborigines gejag vir ‘n sport.

Anyways, Jim is ‘n moerse snaakse comedian.  Hy sê net wat hy wil, wanneer hy wil, en as hy eers sien dat iets wat hy sê ‘n teerpunt slaan in die gehoor sal hy heelaand daarop hammer.  Onthou net dat ‘n comedian se werk is om mense te laat lag, en dat geen topic taboo behoort te wees nie.  Jy is mos in die eerste plek daar om te lag, en as jy wil dikbek en nitpicky raak oor goed wat gesê word is dit jou probleem.

Kyk vir jouself:

http://www.youtube.com/watch?v=nMfRYF1cXgA

Glo dit of nie, maar Jim is al gebliksem in ‘n show:

En hy weet hoe om te deal met ‘n heckler (‘n heckler is iemand wie kak soek met ‘n comedian terwyl hy optree, maar kliphard sodat almal kan hoor).  Hierdie is fokken snaaks, al is dit net audio, luister dit:

http://www.youtube.com/watch?v=fTKNYb41JJk

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *