Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat

Dit is alweer daardie tyd van die maand. Daardie tyd wanneer jy vir so paar minute voel asof jy geld het. Jy weet, wanneer jou salaris betaal word. Daardie kosbare paar oomblikke voor daardie debit-orders se smse weer begin deurkom en jou laat arm voel. Daardie kosbare oomblik wanneer jy vir jouself iets cool kan koop sonder om te voel asof jy baked beans en toast gaan moet eet vir die res van die maand.

Spesiaal vir hierdie dag, 10 goed wat net kan shut-up en jou geld vat.

DJI SPARK Drone

Ek wil al vir ‘n baie lang tyd ‘n drone hê en die DJI Mavick is die een wat ek toe kies. Net jammer hy jaag jou so R20 000 uit die sak. Gelukkig het DJI besef dat die average Joe nie so baie gaan betaal vir ‘n drone nie, en toe kom hulle met die volgende oplossing: DJI Spark.

Die DJI spark is letterlik die klein boetie van die Mavick. Die Spark is klein, kleiner as jou smartphone. Tog is hy steeds baie stabiel as hy in die lug is en hy neem steeds 1080p HD video. Hy gaan jou ook nie R20 000 kos nie. Die DJI Spark gaan jou nie eers R10 000 kos nie. Nee, die DJI Spark kos R8,699.00 en dit is verseker die beste drone wat jy kan kry vir onder R9000. Hel, dit mag dalk die beste drone wees wat jy kan kry vir onder R20 000.

Kry vir jou ‘n DJI Spark en jou boring vakansie videos gaan skielik baie cooler wees.

PAX 3 Premium Vaporizer

Finally ‘n vaporizer wat herb en extracts kan handle.

As jy nie weet wat extracts is nie, loer hier.

Dit is reg, die Pax 3 Premium Vaporizer kan wax/oil vape, asook droë plantmateriaal (wink, wink, nudge, nudge) vape. Dit is nou vir almal wat die voordele van die plant soek, sonder om iets te rook. Jou oom, tannie, ma, pa, sussie, broer, vriend of vriendin wat eintlik kerk toe gaan, maar steeds wil kan wake ‘n bake so nou en dan. Die Pax 3 Premium Vape is die beste geskenk wat jy vir daardie persoon of jouself sal kan koop.

Die Pax 3 Premium Vaporizer kom met ‘n 10 jaar warranty, want Pax vaporizers word gebou om gebruik te word vir ‘n lang tyd. Ek verkies nog altyd extract vapes, maar ken Pax juis omdat dit die beste droë plant materiaal vape is wat ek al gebruik het. Ek is baie bly om te sien dat Pax nou ‘n extract vape ook het.

Kry vir jou die beste dual-purpose vape, kry ‘n Pax 3 Premium Vaporizer.

Mi Bluetooth Speaker met Microphone

Net die naweek is ek by ‘n vriend se huis. Ons almal was buite om die boma en vuur. Daarom het Ant die tunes gespeel vanaf sy foon deur ‘n Bluetooth speaker. Gooi ‘n music streaming service en uncapped Wi-Fi in die mix en voor jy jouself weer kan kry gaan almal by jou party wil DJ speel.

Ek is ‘n fan van Xiaomi, want hulle maak cool tech wat bekostigbaar is. Die Mi Bluetooth Speaker is ‘n great voorbeeld van bekostigbare tech. Die een het nie net ‘n 10 meter Bluetooth range nie, maar ook ‘n ingeboude mic. Saterdag het Ant se foon ook gelui en toe hy antwoord word daar sommer deur die Bluetooth speaker aanwysings gegee van hoe om by sy huis te kom.

Dit is ‘n great ding om te hê in jou huis, veral as jy like van podcast of musiek luister terwyl jy ontbyt maak, die skottelgoed was, in jou tuin werk of push-ups doen. Ek weet nie wat jy doen om jouself besig te hou nie. Met die Mi Bluetooth Speaker kan jy sommer iets leer deur ‘n podcast/audio book te luister terwyl jy jouself besig hou. Klink soos ‘n goeie investment van R599.

Kry jou Mi Bluetooth Speaker hier.

MyGica 4K Quad-Core Android 6 Media Player

Gisteraand kyk ek die season 7 final van Game of Thrones op DSTV want ek pas tans iemand se huis. Dus kon ek nie Game of Thrones via die internet kyk soos ek gewoonlik doen as ek by die huis is nie.

Geen spoiler alerts hier nie.

Wat ek jou wel kan sê is dat advertensies Game of Thrones spoil. Viva internet streaming met geen advertensies nie. Met ‘n media player soos die MyCica 4k Quad-Core Android 6 kan jy heel eenvoudig al jou gunsteling programme stream met jou uncapped internet. Netflix word dan eenvoudig ‘n app wat jy download met jou media player en dan stream jy. Google bietjie Kodi.

Kry al jou fliek en TV vermaak vanaf die TV. Alles stream oor die internet wanneer jy dit wil kyk, sonder advertensies, is die toekoms. Moet nie jou geld mors op goed kyk waar hulle wat jy wil kyk onderbreek met tos versekering advertensies nie.

Kry vir jou ‘n Media Player hier.

ASTRUM 10,400MAH POWER BANK

Die een ding wat nie so cool is van smartphones nie, is hul batterye. As jy heeltyd YouTube videos kyk, elke ete op Instagram post en fake news headlines lees op Facebook, dan raak jou smartphone vinnig pap. Daarom is ‘n Power Bank ‘n great ding om te hê.

Ek het ‘n paar power banks en ek gebruik dit nie net vir my foon nie, maar soms ook vir my GoPro. Die Astrum Power Bank is cool want sy LED display wys vir jou hoeveel percent van die power bank se battery is nog oor en hy het twee USB ports sodat jy twee deveices op een slag kan charge. Dan is daar ook dinge soos Over Charge / Short Circuit / Over Voltage / Over Current Protection, sodat jy smartphone se battery nie nog swakker word nie. Teen R339.00 is die flits wat ook op die Astrum power bank is eintlik net ‘n bonus.

Kry jou Astrum power bank hier.

Nixon Star Wars Unit Stormtrooper Watch

Ja, ek klap hom sommer met twee Star Wars goed. Hierdie is die Nixon Stormtrooper Unit oorlosie. Die beste ding van hierdie oorlosie is dat jy nie dadelik gaan lyk soos ‘n massive Star Wars geek nie. Nie dat daar fout is met jou van Star Wars nie. Ek self is ‘n groot Star Wars fan. Maar as jy nie weet om daarvoor te kyk nie, sal die gemiddelde Star Wars noob nooit eers kan raai dat jou oorlosie Star Wars themed is nie.

Nixon maak ook heavy cool oorlosie en ek besit reeds een, so hierdie Star Wars Unit Stormtrooper gaan mooi inpas by die versameling.

Original Stormtrooper Decanter

Drankbottels is so boring. Ons is nie meer 19 jaar oud nie en dus dink niemand meer jy is cool net omdat daar ‘n Jack Danies bottel iewers in jou huis staan nie. Gelukkig vir jou is daar ‘n eenvoudige oplossing: Die Star Wars Stormtrooper decanter.

Wat is ‘n decanter?

Het jy al ooit ‘n sepie gekyk soos Egoli? In ‘n sepie is daar altyd ‘n besigheids man wat whiskey in sy kantoor het. Maar die whiskey is nooit in net die normale drankbottel nie, dit is eerder in so fancy looking glas ding. Meestal sit mense hul whiskey in ‘n decanter sodat hulle jou kan vertel hulle drink Johnny Blue wanneer hulle eintlik White Horse drink.

Ek stel voor jy kry vir jou ‘n Stormtrooper Decanter. Perfek vir jou bar of jou kantoor, en dan kan jy eerder praat oor hoe cool jou decanter lyk as wat jy lieg oor watse whiskey jy daar binne het.

Kry jou Stormtrooper Decanter nou en wees onmiddelik minder boring.

Maak jou eie bierkoekies kit

Elke keer as iemand vir my sê: “Jy moet kan dans. Girls like ouens wat kan dans.” kan ek nie anders as om hardop te lag nie. Daardie is die oudste ou vrou storie onder die son wat uitsluitlik vertel word sodat mans idiote van hulself sal maak op die dansvloer. Die girls lag VIR JOU, nie saam met jou nie.

Nee wat, as jy regtig ‘n girl wil beindruk, bak of kook vir haar iets. Kook is baie werk (behalwe as jy Daily Dish gebruik, want dan is dit so maklik soos dit kom), maar bak is maklik en meeste dames like van iets soet, veral as dit sjokelade in het. Kyk, jy kan nou nie net ‘n kits muffin pakkie koop en dan dink jy gaan die dame wat jy smaak so oortuig nie. Nee, jy gaan steeds iets anders as net die normale boring chocolate chip cookies moet bak.

Gelukkig kan jy ‘n kitspakkie koekies kry, wat baie meer interesant is. Verbeel jouself net gou hoe beindruk die dame in jou lewe gaan wees as jy “Chocolate Milk Stout/Bier Chocolate Cookies” uit jou mou trek. Jy kan enige bier gebruik, maar hier is vir jou ‘n pro tip: Gebruik Castle Chocolate Milk Stout eerder as net ‘n normale bier. Dit is eenvoudig, moer die inhoud van die blik in saam met jou bier en bak vir 10 minute. Voor jy weet wat gaan aan sal die dame wat jy smaak koekies eet uit die palm van jou hand.

Kry jou Beer Cookie Kit vandag nog.

You may also like...

1 Response

  1. August 30, 2017

    […] jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *