Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Craft bier: Die nuwe obsessie

Craft bier: ‘n term wat baie meer bekend is in Kaapstad as hier in Gauteng, so kom ek begin met die definisie van wat craft bier nou eintlik is:

A craft brewer is a term coined by the American Brewers Association; it gives a definition of “small, independent and traditional”, with small defined as an “annual production of 6 million barrels of beer or less”, and beer produced by a craft brewer being termed “craft beer”.

Eenvoudiger gestel word craft bier in kleiner brouerye gebrou, weg van die kommersiële gejaag van barley, hops en malted grains wat met die spoed van witlig aan gejaag word deur chemikalieë en groot masjiene sonder liefde. As jy al ooit craft bier gedrink het sal jy presies verstaan wat ek bedoel. Stel dit so: Die smaak is baie lekkerder en meer gedefinieerd, maar die hang over is tien keer ligter. Dis ‘n wen-wen situasie vir jou liggaam.

Noudat julle almal ‘n beter idee het van wat craft bier is, wil julle seker weet hoe jy jou kloue op die produk kan kry. Kom ons wees eerlik, jy gaan nie craft bier om elke hoek en draai op die rakke sien nie maar moenie skroom nie mede-sterwendes, ek stel graag The League of Beers aan julle bekend. Die maatskappy is soos jou persoonlike “one stop craft shop” waarna jy nog jou hele lewe opsoek is. Die helde en heldin beskryf hulself in die volgende woorde:

The League of Beers are Rob Heyns, Manie Potgieter and Nzeka Biyela. Out of a mutual respect of all things greatly brewed to perfection, we started this society for exceptional craft beers and extraordinary craft beer drinkers.


The League of Beers verkoop en versprei ‘n wye verskeidenheid craft bier en dit alles gebeur oor die internet. Kan iemand asseblief hallelujah skree? In vergelyking met die bier wat hulle verkoop is hulle nog ‘n jong maatskapy en bestaan hulle nou eers ‘n jaar lank. Van die bier wat hulle verkoop sluit onder meer in: Darling, Brewers & Union, Boston Breweries, Tiggerfish Breweries, Coopers en Jack Black.


Hierdie is slegs ‘n paar van my gunstelinge, maar hul inventaris hou nog baie meer in. Meeste van hul bier vind hul oorsprong in Asië, Ierland, Europa en Suid-Afrika. Indien jy enige van die bier bestel maak The League of Beers seker dat dit veilig en in een stuk by jou huis afgelewer word. Hulle maak ook elke maand ‘n mix case en indien jy dit bestel doen hulle die aflewering vir jou gratis. Hulle verkoop die mixed cases in ‘n pak van 12 net soos al hulle ander biere.

“Supplying mixed cases of 12 craft beers a month at R400 a case to members and delivering it anywhere in SA, we make you this promise.” Dit is nou presies die woorde wat jy van jou persoonlike craft bier verskaffer wil hoor. Ek kan heeldag aangaan oor hoe great hierdie mense is maar ek gaan jou net verveel, so gaan besoek hulle self by www.leagueofbeers.com. My persoonlike gunsteling is Brewers & Union se Steph Weis. Die bier is maklik verkrygbaar, maar as jy sukkel kan jy ‘n bestelling plaas by die einste League of Beers.

Indien jy in die Kaap bly kan jy inskryf vir ‘n kompetisie wat League of Beers saam met GQ hou. Vir meer inligting kan jy gerus op GQ se website gaan kyk, hulle gee ook gereeld mixed cases weg, so volg hulle op twitter by @leagueofbeers, gaan kry hulle op Facebook (hulle gaan jou nie spam met allerhande gemors nie).

Holy Goat (‘n paar ouens hier by gevaaalik se eie house brand) sal ook een van die dae beskikbaar wees op die ouens se site. Sodra ons meer inligting hieroor het sal ons dit summier vir julle post.

Gaan maak ‘n draai by hulle online shop, check hulle merchandise en begin jou lyf bederf met n paar lekker craft biere.

You may also like...

1 Response

  1. traaidmark says:

    Just signed up for the monthly thing. poesbefokcool

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *