Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Injustice 2 Championship Final – Fokof – Parow

Bliksem, 2 van my favourite industries in Suid-Afrika hou een moerse event. Musiek meets gaming. Dus die Injustice 2 Championship Final.

Ster-Kinekor entertainment en Valkie van Coke het besluit dit sal awesome wees as hulle die Grand Final van ACGL se Injustice 2 Championship Final paar met live optredes deur Fokofpolsiekar en Jack Parow. Hulle was nie verkeerd nie. Dit is awesome.

Jy kan gaan kyk hoe die top Injustice 2 spelers mekaar aanvat en dan ook ‘n live show daarby. Nie net dit nie, maar jy kan ook kyk hoe Francois van Coke en Parow mekaar aanvat.

Die prize pool is R60 000 vir die ouens wat in die kompetiesie deel neem. Dis ‘n klomp geld.

Daar gaan ook baie giveaways wees as jy van free stuff hou. Die event word ge-MC deur die uwe Rob Forbes van 5fm en daar sal ‘n DJ die musiek aan die gang hou as Fokof of Parow nie jou ore weg blass nie.

Die event gebeur by Weiveld in Pretoria op die 8ste Julie 2017. Die deure maak al 19:00 oop. Maak seker jy is daar. Jy kan maar weet ek en Stix gaan daar wees.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *