Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Help kies die Sing ‘it wenner

Verlede jaar in September het Sanlam en LitNet saamgespan om onbekende liedjieskrywers in Suid-Afrika bietjie uit te help met ‘n kompetisie.

Sing ‘it het mens die kans gegee om jou eie lirieke aan die wêreld bekend te stel. Al wat jy moes doen, was om dit in te stuur. Nege van bekende Suid-Afrikaanse musiekkunstenaars het uit 1600 inskrywings die lirieke gekies wat vir hulle die beste is en het dit gevolglik getoonset. Elke persoon wie se lirieke gekies is het R3000 kontant ontvang en ‘n iPad 2. Natuurlik word die wenner se lirieke ook dan deur die muso wat die lirieke gekies het opgeneem.

Hier is nou waar jy inkom. Jy moet help om te kies wie se song geld gaan kry om ‘n musiekvideo te maak. Al die songs wat gewen het is nou op Sing ‘it se website (www.singit.co.za), reg om te download. Die song wat die meeste gedownload word voor 20 Maart sal ‘n musiekbegroting van MK ontvang om ‘n video van die song te maak en die liriekeskrywer sal ‘n kans kry om in die video te verskyn.

Hier is die wenners:

  • Bruno Andries (Knysna). Sy liedjie “Bonnie and Clyde” is vir opnamegekies deur Karen Zoid.
  • Natascha Swart (Centurion) het “A silent memory” ingeskryf, ‘n liedjiewat vir opname deur DJ Cleo gekies is.
  • Pierre Smith (Somerset-Wes) het “Die ouer ek” geskryf, ‘n wenner virDans Dans Lisa.
  • Michelle Francis (Newtown) het “Magic” ingeskryf, ‘n treffer virNiskerone & SFR.
  • André Vrdoljak (Pretoria) se liedjie “Zombies in the bathroom” was netwaarna HHP op soek was.
  • JP Jansen van Vuuren (Potchefstroom) se “Blackout” sal deur Dance, You’re on Fire opgeneem word.
  • Zan-Mari Vosges (Middelburg) het “Panik Button” geskryf, vir Jax Panik.
  • William de Bruin (Pretoria) se inskrywing “Erdeskerwe Israeliet” is deur Bittereinder vir opname gekies.
  • Kevin Murray (George) se “Inspired by” het iScream & the Chocolate Stix laat regop sit – en hulle gaan dit opneem.

So gaan nou na Sing ‘it se website en kies die song waarvan jy die graagste ‘n video wil sien.

You may also like...

2 Responses

  1. Ant says:

    Die mooiste & sletterigste een moet die video kry.

  1. March 20, 2012

    […] ‘it downloads: Minder as 3 uur oor Stix het so amper 'n maand gelede 'n post gedoen oor Sanlam en LitNet se liriekekompetisie Sing 'it. Die nege wenners se lirieke is getoonset […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *