Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hello Ambassador 2014 – Wen kaartjies

Kuns, ontwerp, film, fotografie, musiek – dit is Hello Ambassador. In 2013 was die eerste Hello Ambassador creative conference in Pretoria se Staats Teater gehou. Die jaar is Hello Ambassador terug op 17 en 18 Oktober 2014. Die twee dag konferensie bestaan uit praatjies deur verskillende creatives, werkswinkels, ontwerp toekenings, ‘n creative expo, after party en street festival.

Hello Ambassador 2014

Die jaar se konferensie het praatjie deur verskillende leiers, elk voorstaanders in hul kreatiewe velde; vanaf CEO’s tot local entrepreneurs, bekende musikante en kunstenaars wat menigte toekennings gewen het. Van hierdie jaar se spreekers is Roger Ballen, Abey Mokgwatsane, Tim Horwood, Jana+Koos, Mike Sharman, Louis Minnaar, Liam Lynch, Mariana O’Kelly, Kagiso Lediga, Kojo Baffoe, Michelle Constant, Michael Leslie, Uno de Waalen nog vele meer. Google maar so paar van daardie name en jy sal sien waarvan ek praat. Ek stel voor jy begin by Liam Lynch en Louis Minnaar.

Die creative expo gee local brands en maatskappye ‘n plek om hul dienste en produkte te bemark. Die 18de is daar ‘n ontwerp kompetisie vir creatives wat nuut op die scene is. Daar gaan ook die street festival wees met graffiti, breakdancing, beatboxing en ‘n open mic stage.

Natuurlik is daar ook die after party by @The Sheds, ‘n revamped warehouse reg oorkant die reserve bank. Die partyjie begin 18:00 op die 18de en is verniet vir die wat reeds kaartjies gekoop het vir Hello Ambassador 2014. Die publike kan ook die partytjie bywoon vir R80 vir ‘n kaartjie. Daar gaan baie cool shit wees om te sien, onder andere Shadowclub.

Kaartjie vir Hello Ambassador kan deur Computicket gekoop word. Pryse begin by R250 en gaan op tot R600. Daar is afslag beskikbaar vir skoliere, studente of mense wat meer as 10 kaartjies op ‘n slag wil koop. Daar is net 500 sitplekke beskikbaar en ek is seker baie van hulle is reeds gevul. Vir meer informasie oor kaartjies kan jy na Hello Ambassador se website gaan.

Ons het 2 kaartjies om weg te gee wat jou toegang sal gee tot Hello Ambassador vir albei dae en die after party. Jy het tot Dinsdag om my te tweet by @gevaaalikdotcom of om ‘n comment hier onder te los. Al wat ek wil sien is: “Gee my asb twee kaartjies vir Hello Ambassador 2014 @gevaaalikdotcom”. As jy ‘n comment los kan jy maar die @gevaaalikdotcom uitlos. Jy het tot 14 Oktober om in te skryf en ons kondig die wenners 15 Oktober 2014 aan.

Vir meer info gaan loer na die volgende:

Gaan kry jou kaartjie nou of skryf in en dan sien ek jou daar!

You may also like...

1 Response

  1. Cornel says:

    Gee my asb twee kaartjies vir Hello Ambassador 2014

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *