gevaaaliKruger – Die soek na die luiperd roller-coaster ride

Dankie aan King Price wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.

Die laaste oggend se opstaan was bittersoet: Ek was bly ek gaan more huistoe om my kind en vrou te sien. Ek was hartseer oor vandag my laaste vol dag gaan wees in die Krugerwildtuin. Ek was ook hartseer omdat die ons laaste dag was om ‘n luiperd te sien, en as die law of averages iets is om op te gaan is ons kanse om ‘n luiperd te sien aan die einde van die week maar skraal. Veral nou dat ons redelik laat opgestaan het by Skukuza.

Niks wat die moeite werd is, se eerste tree is maklik nie

Ek reken my en Sven se gemoedstoestand was min of meer dieselfde, behlawe hy het net nie ‘n kind om te  mis nie. Ek het ‘n stort gaan vang en toe het ons kamp afgeslaan. Ons is eers na 09:00 uit die kamp uit. Dit was nog iets wat my en Sven aan die ballas gekrap het: dat ons so laat uit die kamp is op ons laaste dag in die Kruger. Ons het geweet dat dit net ons skuld is dat ons so laat uit Skukuza is. Steeds het dit ons gepla soos ons by Skukuza uit ry met ‘n oorverdowende stilte vol self-reflection in die Pajero. Vandag trek ons suid na Malelane toe.

Ons was nog nie eers sewe kilometer van Skukuza af gewees nie. Dit is reg, De Laporte watergat is minder as sewe kliometer weg van Skukuza af. Ek en Sven laat albei, gelyktydig, ‘n audible sug uit toe ons sien hoeveel mense daar staan op die stukkie geskraapde grond langs die watergat. ‘n Deel van my het gedink: Ry net verby. Ek is gatvol vir toeriste en ek sien drie game vehicles van hier af.

Gelukkig het ‘n ander deel my herhinder dat ‘n leeu of ‘n luiperd nie agter veel van ‘n bossie hoef te lê voor jy hom nie gaan sien nie, veral so in die verby ry. Ek besluit om in te draai by die watergat se “parkeer area”.

Dit is nie rangers nie, dit is tour leaders

“Miskien is die waar jy jou luiperd sien.” sê ek vir Sven soos wat ons van die teerpad af en oor die eerste hobbels van die grondpad gaan. Asof ek nie ook ‘n luiperd wil sien nie. Toe maak ek maar eerder ‘n kak grap, bly positief.

Daar is hopeloos te veel karre in die watergat se “parkeer area” en die rand naaste aan die watergat is daar nie eers ‘n plekkie vir ons klein Pajero nie. Ons ry tot heel op die punt van die “parkeer area” en loer om een van die game vehicles. “What are you guys looking at?” sê ek vir een van die toeriste agter op die game vehicle.

“It’s a leaaopaard.” sê sy in ‘n dik-Duitse aksent terwyl sy in ‘n rigting wys wat ek nie verby die game vehicle kan sien nie.

Ek en Sven dink eers ons het verkeerd gehoor. Nie dat dit saakmaak nie, ons kan in elk geval niks sien nie. Ons gaan bietjie vorentoe en bietjie agtertoe, en draai na ‘n rukkie om en beweeg terug na waar ons vandaan gekom het. Net toe sien ons soos ons agter die game vehicle uitkom, die gatkant van ‘n luiperd soos hy (kan seker sy ook gewees het, ek gaan net sê hy) agter ‘n bos in wandel.

Fok.

Dit tel nie as jy nie foto’s het nie

Weet jy wat suig meer as nie ‘n luiperd sien in die Krugerwildtuin nie? ‘n Luiperd sien en dan mense vertel jy het sonder dat jy foto’s het. Niemand sal dit sê nie, maar almal dink net jy lieg as jy nie foto’s het nie. Dit suig nog meer as jy die Kruger trip gedoen het sodat jy dit kan verander in artikels vir jou website, sodat jou lesers kan sien wat jy gesien het. Ons het nou ‘n luiperd gesien, vir minder as vyf sekondes en ons kan dit nie eers bewys nie.

gevaaaliKruger

Net toe sien ons dat een van die karre wat reg teen die rand van die “parkeer area”, naaste aan die water, is besig om uit te trek. Niemand anders is so geparkeer dat hulle voor my by die spot kan inkom nie. By hierdie watergat gaan nou gesit word.

Ons kan nie die luiperd sien nie. Daar word deur die kamera se moerse lens gekyk, ons kyk met die verkyker, niks. In die kar langs ons is vier Spanjaarde. Twee baie mooi Spaanse dames sit agter in die kar. “Do you see the leopard? It’s right there behind the bush.” sê die dame naaste aan ons. Ons sê vir haar dat ons nie die luiperd kan sien nie en sy begin vir ons verduidelik waar ons moet kyk.

gevaaaliKruger (2)

Na sy so paar keer na ‘n “little green bush” en “kakka” verwys het gee ons vir haar die kamera sodat sy ‘n foto kan neem waar die luiperd is. Sy verstaan nie lekker hoe werk DSLR kameras nie maar na so paar probeerslagte weet ek en Sven waar die luiperd lê. Daar waar ons hom nooit sou gesien het nie. As jy op jou eie hier aankom by die watergat sou jy dadelik weer ry, want jy sou nooit die luiperd agter die bos, sowat 50 meter weg, gesien het nie.

Net hier gaan ons nou maar sit

Ek en Sven hoef dit nie eers vir mekaar te gesê het nie. Ons het albei geweet ons gaan nou maar hier sit en ‘n behoorlike foto probeer kry van die luiperd. Na so paar minute kom daar ‘n troppie rooibokke nader aan die watergat. In die Bybel praat hulle van die ‘nou pad’ en die ‘breë pad’. Die breë pad waar dinge maklik gaan en gebeur soos dit moet, is die duiwel se pad. Soos die rooibokke nader aan die watergat stap voel ek al hoe meer of ek sondig. Die duiwel kyk mooi na sy kinders.

gevaaaliKruger (3)

gevaaaliKruger (4)

Een van die “game rangers” op die game vehicle is al te slim en verklaar dadelik dat hulle gister ook die luiperd gesien het, met ‘n kill. In sy professionele opinie gaan die luiperd nie sommer vandag weer jag nie. Wat die sogenaamde “game ranger” vergeet is dat hy eintlik net ‘n tour leader is, ver van ‘n actual game ranger. Die rooibokkies lyk versker ongemaklik en raak aan die hol elke keer as ‘n kwêvoel net opvlieg langs die water. Die eerste trop rooibokke kom en gaan, maar die luiperd lê net en kyk vir hulle. Die slim tour leader vat toe ook maar sy groepie toeriste en waai.

Nog ‘n trop rooibokke kom in en loop weer weg, gevolg deur ‘n kudu. Teen die tyd sit ons al vir meer as 30 minute hier langs die watergat. Ek neem maar foto’s van die kudu en sien na so paar minute nog ‘n trop rooibokke wat oppad is na die water toe. Die is ‘n trop ramme en hulle is baie meer ontspanne as wat die eerste trop was. Twee van die jong ramme begin so mik mik om koppe te stamp, toe begin al die groter ramme vir hulle blaf voor hulle die twee jonges begin jaag weg van die water se rand af.

gevaaaliKruger (5)

Die rooibokke hardloop so in ‘n ry almal agter die twee rammetjies aan en ek is besig om daarvoor te staar toe ek die geraas hoor van takke wat breek en nog ‘n rooibok wat blaf naby die water. Toe ek terug in die watergat se rigting kyk sien ek die luiperd wat deur die bos is en met ‘n moerse stof-wolk oppad is na die drie ramme wat nog langs die water staan. Twee van die ramme kom weg, maar een hol in die dam in en so paar sekondes later is die luiperd op hom met ‘n moerse gespat.

Dit is ‘n ander tipe rush

Dit gebeur so vinnig. Die luiperd het die rooibok omtrent dadelik in ‘n thai-clinch gehad. Die luiperd se bek geanker reg oor die rooibok se snoet. Daar was baie gespat vir so 10 of 15 sekondes en toe is die rooibok doodstil. Na die tyd op die foto’s kon ons sien dit lyk of die rooibok se nek gebreek het. Sven het die kamera gegryp en ek het die video kamera probeer gebruik. In my opwinding het ek nooit die record knoppie gedruk nie. Sven het gelukkig ongelooflike cool foto’s gekry. Toe die rooibok stil raak en die luiperd regop sit met die rooibok snoet steeds in sy mond, kyk ek en Sven vir die eerste keer vir mekaar.

gevaaaliKruger (6)

gevaaaliKruger (7)

gevaaaliKruger (8)

Ons albei se bekke hang oop.

Dit klink of ons fiksheid gedoen het, so hard haal ons asem. My hart klop regtig asof ek nou net self vir die luiperd moes weghol. “Jir ou, ek kan nie glo ons het dit nou net gesien nie. ‘n Luiperd wat ‘n rooibok vang. Goeie fok ek is bly ons het hier gestop.” sê Sven soos ons mekaar fist-bump. Sven neem nog foto’s soos ons bespiegel wat volgende gebeur.

gevaaaliKruger (13)

“Hier kom ‘n leeu.” hoor ek vir Sven sê terwyl ek besig is om deur die verkyker te kyk na die luiperd wat nog in die water sit met die rooibok se snoet in sy mond. Van links af kom daar ‘n leeuwyfie aangedraf. Jy kan sien sy het die rooibokke hoor blaf en is nou opsoek na wat die geblaf veroorsaak het. Die leeuwyfie is reguit oppad na die watergat toe, maar sy sien nie die luiperd in die water nie. Nog ‘n leeuwyfie kom van dieselfde rigting af, maar beweeg meer in die rigting van die bos waar die luiperd gelê het.

gevaaaliKruger (9)

Die luiperd het nie ‘n benul van die leeus wat besig is om in sy rigting te beweeg nie. Hy is seker baie moeg van die rooibok vermoor met sy gesig. Dit is asof die leeuwyfies altwee op dieselfte tyd die luiperd in die dammetjie sien sit. Die eerste leeuwyfie is minder as ‘n meter van die luiperd af toe hy vir een of ander rede omdraai. Die tweede leeuwyfie het in tussen met mening begin hardloop na die luiperd toe. Toe die luiperd die die leeu sien, toe is dit asof die luiperd op water kan loop, so vinnig probeer hy wegkom van die leeus af.

gevaaaliKruger (10)

gevaaaliKruger (12)

gevaaaliKruger (11)

Die tweede leeuwyfie storm nog so half op die luiperd af soos hy uit die water kom, maar die luiperd is soos ‘n blits daar weg. Die rooibok dobber in die dam en skielik is dit al waaroor die leeus omgee. Na wik en weeg vir so minuut klim die tweede wyfie in die dam om die rooibok uit die dam te haal. Die twee leeuwyfies het skaars begin eet aan die rooibok toe kom daar nog ‘n wyfie en ook ‘n leeumannetjie daar aan.

gevaaaliKruger (14)

gevaaaliKruger (15)

Daar is ‘n gebrul vir mekaar oor wie kry wat, en die leeumannetjie deel so paar klappe uit. Een van die wyfies kry vir haar ‘n rooibokboud en gaan lê eenkant om klaar te eet, daar waar sy aan minder geweld blootgestel sal wees. Nie lank na die wyfie met die boud skuif nie, tel die leeumannetjie die karkas van die rooibok op en gaan lê onder die bos waar die luiperd ook gelê het. Nie eers vyf minute nie en die rooibok-karkas was niks anders as vel en been nie. ‘n Rooibok is nie veel vir vier leeus nie.

gevaaaliKruger (16)

gevaaaliKruger (17)

Ons is na ‘n ruk weg by La Laporte. Net anderkant die rivier het ons die luiperd veraf in die bos gesien, besig om homself jammer te kry. Ek kon nogsteeds nie glo wat ons nou net beleef het nie.

Naby aan 2000 woorde al. Ek deel die res van dag 6 van gevaaaliKruger eerder later met julle.

Alle foto’s onder kopiereg van Sven Claassen.

King Price gevaaalik.com

As jy jou kar by King Price versker, kan jy slegs R1 ‘n maand ekstra betaal en dan verseker jy jou duur kamera of golfstel ook. Twee goed wat die boewe nogal like om te steel is golfstokke en kamera, dus is dit ‘n bargain as jy die items kan verseker vir slegs R1. King Price sal ‘n versekering oplossing maak soos jy hom nodig het. Click hier en King Price sal jou bel vir ‘n free quote doen. Die ergste wat kan gebeur is jy spaar jouself so paar rand. Plus, hulle ondesteun ons, dan weet jy hulle is cool.

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *