gevaaalik.com Podcast #42 – Standverbeelding
Die internet het ons bietjie gepooitjie toe ons die podcast op die site probeer kry het. Saterdag het die gevaaalik.com Podcast #42 – Standverbeelding dit gemaak tot op die internet. Ons praat sport, ons praat standbeelde en heelwat ander goed.
Dankie vir die wat luister en terugvoer vir ons stuur. Dankie ook vir die wat inskryf vir die kompetisie. Jammer die pryse vat soms so lank om by julle uit te kom. Ons suck met fokken logistics en dink daaraan om iemand te kry spesifiek vir die tipe goed.
Enjoy die week se podcast.
Die nuwe site lyk nogals moerse nice. Dis net sleg dat dit nou glad nie op ‘n selfoon lekker werk nie en as jy op die mobile opsie kliek laai hy maar net weer die desktop weergawe. Fix dit en ek dink julle sal sommer baie meer gewild wees, veral nou dat almal heeldag eerder net vinnig op hul fone wil kyk.
@Steyn: Bly jy like dit bra. Die site is mobile responsive, so hy wys die mobile weergawe as jy op jou foon is. Die “desktop” en “mobile” knoppies op die site (as jy via jou foon op die site is) gaan jou altyd net terug neem na die mobile version van die site toe. Ek sou dit graag wou verander, maar ongelukkig is dit ter wille van Google wat ons dit so moet hê. Baie dankie vir jou terugvoer.
Awesome podcast. Ek het myself dood gelag toe julle begin praat het van ‘n robot ref met ‘n tazer. Ek sal maar nie die podcast se vraag beantwoord nie want ek het mos laas een gewen. Dankie vir die podcast manne.