Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Merch Shop is nou online!

Dit het heelwat langer gevat as wat dit moes, en al die produkte is nog nie eers live nie, maar die gevaaalik.com Merch Shop is uiteindelik online.

Ek wou hierdie maande terug al gedoen kry, voor ek die T-Shirts laat maak het. Toe laat ek mos mense ‘n gat in my kop praat, fokken naysayers. Nou is daar moerse baie druk en ‘n vuur onder my gat, so fok die naysayers. Ons verkoop nou goed online of Suid-Afrika reg is daarvoor of nie.

gevaaalik.com se crowd is in elk geval ‘woke AF’

Woke AF is wat die kinders deesdae sê vir mense wat bewus is wat aangaan om hulle. AF is ‘n aanvaarde manier om “as fuck” te sê. Met ander woorde as jy al iets online gekoop het, dan is jy wakker. Jy het ‘n smartphone, jy doen jou banking online, jy gebruik die internet daagliks en verstaan dat online nie meer risky is as winkel toe gaan nie, maar eintlik minder risky want in jou huis is dit relatief veilig.

Ek gaan dus dan nie vir my laat vertel dat mense wat gevaaalik.com lees nie goed online sal koop nie, want julle is tans online, is julle nie?

Selfde betalings tech as Takealot.com

Ons gebruik Payfast sodat al die betalings dele van jou gevaaalik.com Merh kopies veilig gebeur agter Payfast se online security. Takealot.com gebruik ook Payfast. So nou kan jy gemaklik en veilig ‘n EFT doen deur om te betaal vir jou Cool Pynappel T-shirt of jou Tokin’ White Guy T-shirt.

Omdat alles deur Payfast se portal gebeur as jy betaal hoef jy nie bekommered te wees dat daar dalk ‘n gat in ons sisteem is nie. Ons vertrou maar eerder die pros om dit te hanteer.

Ons shop lyk miskien ook nie fancy nie, maar dit werk beter as die proses wat ons tot dusver gebruik het waar jy ‘n email vir ons moet stuur met jou details en dan die EFT doen, blegh. Nou is dit net so paar clicks en jy is klaar.

Shipping van jou gevaaalik.com Merch

Ons het ‘n standaard shipping fee van R45 op al ons T-shirts. Ons ship sommer via die Poskantoor en dan kry jy ‘n email van my af met ‘n tracking nommer sodat jy jou pakkie online kan dophou. Aflewering vat so 7 werksdae volgens die ou by die poskantoor waarmee ek gepraat het. Daar is ander opsies, soos courier, maar dit sou die shipping kostes baie duurder gemaak het. Nee regtig, dit sou jou amper dubbel gekos het.

Die Randella Beursies behoort teen more ook beskikbaar te wees op die shop. As jy enige vrae het, laat weet in die comments of stuur vir my ‘n email by gevaaalikdotcom@gmail.com.

Right, laat ek julle loslaat in die gevaaalik.com Merch Shop. Dankie dat jy ons ondersteun met jou kopie.

You may also like...

3 Responses

  1. Ruan Stix Fourie says:

    @Van: -_-

  1. January 12, 2017

    […] het ek die gevaaalik Merch Shop gelaunch. Dus kan jy nou jou gunsteling gevaaalik.com T-shirt daar koop. Die Randella Beursies behoort op […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *