Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

5 gevaaalike tips vir Battlefiled 1 multiplayer noobs

Battlefield 1 is belaglik baie pret, veral as jy saam met jou vriende die Multiplayer begin speel. Veral as jy ‘n vol squad van 5 ouens het saam met wie jy kan speel, raak dinge baie fun. Maar, net soos met enige goeie game is daar ‘n learning curve in Battlefield 1 wat kan veroorsaak dat jy tou opgooi voordat jy die game regtig kan begin geniet.

Na so paar weke van speel op my eie en saam met vriende het ek 5 tips vir jou, wat sal veroorsaak dat jy Battliefield 1 genoeg bemeester dat jy nie gatvol sal raak vir heeltyd vrek nie.

Aanhouer wen, veral in Battlefield 1

Soos ek reeds genoem het, daar is ‘n learning curve in Battlefield 1, en as jy soos ek nog nooit van te vore ‘n Battliefield titel gespeel het nie, gaan jy suck met die gaam aan die begin. Hierdie is nie Call of Duty of Halo nie, en ek gee nie om hoe goed jy was in daardie twee games nie, dit gaan jou nie veel help in Battlefield 1 nie.

Die beste manier om beter te raak in Battlefield 1 is om die game te speel. Oefen, oefen, oefen. oefen op jou eie, oefen saam met vriende, maak net seker jy oefen. Elke geweer en speler klas, elke geweer en elke geweer variant is anders en jy gaan moet speel tot jy die resep kry wat werk vir jou. En voor jy weer sien gaan jy headshots verby 200m ver sommer maklik tref.

Spot vyande vir jou span

Op Xbox One druk jy die Right Bumper wanneer jy mik vir ‘n vyand om hom te merk vir jou spanmaats. Battlefield 1 kort spanwerk as jy wil wen, en om vyande te kan sien, help jou hele span. Dus is dit baie belangrik vir jou en jou spanmaats om enige vyande wat hulle sien uit te wys deur hulle te merk.

Veral wanneer jy ‘n sniper spot wat nou al ‘n paar van jou span se koppe laat kennis maak het met sy koeëls, dan is dit belangrik om hom te merk sodat een van jou span se snipers hom kan uitsort. Veral as jy Scout klas (sniper) speel is ‘n groot deel van jou werk om mense te spot vir die res van jou span. En onthou as jy Spot Flairs gebruik, jy kan vyande aan die brand steek met jou Spot Flair ook. Kyk maar my video hier onder om te sien hoe ek ‘n Spot Flair gebruik as ‘n wapen.

Moet nie op een plek by sit nie

Ek sien dit so baie, veral by ouens wat Scout klas speel. Hulle kry ‘n plek wat hulle dink lekker is om vanaf te snipe en dan sit hulle net daar en skiet. Onthou, sodra jy iemand doodskiet sien hulle waar jy is in die kill cam. As ek gesnipe word is my eerste move na ek weer spawn om die ou wat my dood veroorsaak het te gaan kry, veral as hy sit en snipe.

Camping werk nie in Battlefield 1 nie. Jy kan miskien so paar ouens vermoor van dieselfde spot af, maar ek waarborg jou een van hulle gaan jou gat kom kry as jy op een plek bly. Maak dus seker jy steel so paar kills voor jy aan beweeg na jou volgende spot. Onthou ook dat vyande jou ook kan merk vir hul spanmaats, net soos jy kan.

En wanneer jy skuif na jou volgende spot, gebruik cover soos jy beweeg anders gaan iemand jou nie net sien nie, maar iemand gaan jou vermoor ook.

Speel die objective, nie die man nie

Onthou as jy Conquest speel moet jy die objective capture om te wen, dit is nie Team Deathmatch nie. Moet nie een van daardie Scouts of Assault ouens wees wat net heeltyd probeer om kills te kry nie, want dan help jy niemand eintlik om te wen nie. Ja, ek was ook skuldig gewees daaraan om die man te speel eerder as die objective, maar onthou hierdie is ‘n span eSport.

As jy die kills wil opraap, gaan speel ‘n game mode soos Team Deathmatch waar die objective is om kills te kry. As jy Domination, Conquest of van die ander game modes speel wat nie net gaan oor kills nie, en jy gaan net vir kills is jy so effe van ‘n doos. Plus, as jy die objective speel, kry jy meer punt wat veroorsaak dat jy vinniger daardie nuwe geweer gaan kan koop wat jy soek.

Kry die Battlefield Companion app op jou foon

Die Battlefield app is handing want dit gee jou ‘n plek om detailed statistics te sien soos jou KDA (kill death average), longest headshot en meer, plus jy kan jouself meet teen jou vriende ook. Tussen my en my vriende het ons so half ‘n ding aan die gang om te sien wie kan die verste headshot kry. Ek dink aan die einde van die maand kry die ou met die verste headshot ‘n dop gekoop deur die ander.

Jy kan ook ‘n personalized emblem ontwerp wat dan op jou skouers en wapens is in Battlefield 1. Jy kan ook die app stel om vir jou notifications te gee wanneer jou vriende begin speel, wat handig is as jy nie daarvan hou om Battlefield op jou eie te speel nie. Jy kan die Android App hier kry, en hier is die Apple weergawe ook.

Bonus tip: Geniet dit

Ek kan nogal aan die rage raak as dinge sleg gaan met my in ‘n game. Sodra ek begin kwaad raak, dan geniet ek dit nie meer nie. Op die ou einde is dit net ‘n game en daar gaan altyd iemand wees wat beter is as ek, want ek suck. Daar is altyd iemand beter as jy. Die belangrikste ding is om die game te geniet. Gelukkig is Battlefield 1 een vandaardie games waarin daar baie baie fun is om te hê, en daar gebeur gereëld goed wat nogal snaaks is. Kyk die video hier onder vir so paar funny moments en ook sodat jy kan sien wat gebeur as jy nie tip nommer 3 volg nie.

https://youtu.be/SEcvVpyukW0

Wat is jou beste Battlefield 1 tip? Los dit in die comments sodat ek en die res van die gevaaalik.com lesers ook kan leer uit jou wysheid asseblief.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *