Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foster the People speel akoesties

As ek die band se naam noem is ek seker almal doen back flips en begin onwillekeurig dans, reg? Wel dis wat met my gebeur. Die band se eerste single Pumped Up Kicks het saggies liefde met my ore gemaak en my forseer om verder ondersoek in te stel. Ek het onmiddelik hul album genaamd Torches gaan koop en hy was op repeat vir die volgende twee maande. Hul genre kan beskryf word as indie-pop-rock met ‘n electro twist, die melodiese dans infused ritmes is ‘n perfekte kombinasie by die intelligente lirieke.  Als net ‘n perfekte voorbeeld van fantastiese musiek.

Ek het nou die dag (heel verveeld) op die internet rond gekrap en op’ n klomp youtube videos van die band afgekom, videos waar hulle, hul musiek in ‘n acoustic form speel en kyk, dis briljant. Die groep bestaan uit Mark Foster (vocals, keyboards, piano, synthesizers, guitar, programming, percussion), Mark Pontius (drums) en Cubbie Fink (bass). Hul tuisdorp is Los Angeles California en mens hoor duidelik die streek se invloed in hul musiek.

Die groep is geform in 2009 nadat Mark (wat eers ‘n professional jingle writer was) besluit het om ‘n volwaardige band te begin. Hy is die hoof liedjieskrywer en komposeer meeste van sy songs op guitar of op die rekenaar. Doen jouself ‘n guns en koop die album, jy sal nie spuit wees nie. Wees net gewaarsku, jy gaan heel waarskynlik al die teels in jou ma se huis smelt.

Check die videos van acoustic tracks hier onder.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *