Die Wit-Buffel soek kak met Sonny Bill Williams
Francois “die Wit-Buffel” Botha, Suid-Afrika se eie swaargewigvegter en eens op ‘n tyd kampioen van hierdie gewigsklas, is weer op sy stukke. Hierdie keer teen All Black Sonny Bill Williams. Dit is alombekend dat dié rugbyspeler ook ‘n kranige bokser is, en baie Suid-Afrikaners het hom al in aksie gesien. Ek dink hierdie kan eintlik ‘n baie interessante geveg wees. Dit is nou as ons ou Buffel nie uitgeslaan word in die eerste rondte nie.
Na wat berig word is die twee boksers se agente reeds in gesprek en kan die bakleiery dalk al die einde van die jaar plaasvind. Daar is nie baie info oor die fight nie en die koerante weet eintlik ook nog fokkol. Hulle het wel hierdie uitdagende brokkie uit die Buffel se eie bek:
He actually doesn’t deserve to fight against me because he doesn’t belong in the same ring as me. He might look good on the rugby field, but in the ring he is on his own, and there his 14 team-mates can’t help him. Let’s see what he does then.
Klink vir my soos ‘n match made in Brakpan. Hou die site dop. Ek gaan enige nuus oor dié twee meisiekinders hier post.