Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die gevaaalik.com-lesers se verdict oor Nickelback

Twee weke gelede het gevaaalik.com ‘n peiling op die site gesit om uit te vind wat ons lesers van die Kanadese rockband Nickelback dink. Dit het gekom na Soutie se post oor hoekom mense daarvan hou om vir Nickelback te haat. Ons moet wel erken dat ons nie heeltemal unbiased was oor hierdie saak nie, maar peilings praat harder as menings. (Behalwe peilings op Nuus24.com en Beeld.com. Hulle is tos.) Wel, die peiling het nou afgeloop en die resultate is hier, in ‘n fokken chart en alles. Die vier verskillende opsies en die persentasie van die stemme wat elkeen gekry het is as volg:

Nou ja, so is dit dan. Die meerderheid van gevaaalik.com-lesers dink dat Nickelback suig. Maar ter wille van regverdigheid het ons besluit om te erken dat Nickelback eintlik asemrowend is … in gevalle waar hulle vergelyk word met The Rasmus*. Vir diegene wat nie weet wie The Rasmus is nie, hulle is ‘n band van Finland en hulle frontman is die liefdeskind van Evanescence se Amy Lee, ‘n kraai en Peter Dinklage van Game of Thrones-faam.

Aangesien The Rasmus se “In the Shadows” nou reeds in jou kop draai, het jy ‘n keuse: Luister die hele “In the Shadows”, kyk hoe die lead singer sy mikrofoon violent blowjobs gee en hoop die liedjie verdwyn uit jou kop, of blaas dit uit met Nickelback se “How You Remind Me” terwyl jy jou verstaar aan Chad Kroeger se scary gesigsuitdrukkings.

Happy listening!

* Let wel dat hierdie opinie geensins gesaghebbend is nie. Ons fok net rond. Moet dit nie te ernstig opneem nie. Gaan was jou eyeliner af, man.

You may also like...

2 Responses

  1. Jade says:

    Patiently awaiting BaasDeBeer’s comment 😉

  2. BaasDeBeer says:

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Nam quis nibh vitae urna venenatis aliquet id at purus. Pellentesque est quam, vestibulum ac consectetur sed, tristique et dolor. Vestibulum eros eros, pulvinar nec sodales et, auctor id lacus. Cum sociis natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus. Sed vitae ipsum quis nibh sagittis tincidunt molestie ac ligula. Nulla vehicula, nisi sed fermentum porta, metus nibh blandit mauris, vel luctus orci lacus eu dui. Aliquam massa lorem, consequat ac porta id, dignissim non arcu. Morbi est magna, dignissim vel tempor venenatis, posuere at nisi.

    And yes, this reply was irrelevant, much like your poll :p

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *