Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Afrikaanse Podcasts waarna jy moet luister

In 2011 het ek een van die eerste Afrikaanse Podcasts in die heelal begin. In 2011 as ek die woord podcast genoem het, het niemand geweet wat dit was nie. Ek het altyd probeer verduidelik deur iets soos “Dit is soos radio op die internet, maar nie live nie” te se. Die realiteit is dat dit ‘n baie slegte manier is om podcasts te beskryf. Al het podcasts nou al baie meer gewild geraak in Suid-Afrika as wat dit was 7 jaar terug, is dit nogsteeds ‘n nuwe medium wat baie Suid-Afrikaners nog nie ken nie.

Wat is ‘n Afrikaanse Podcast?

Kom ons begin eerder by wat ‘n podcast is deur na die definisie te kyk:

podcast
/ˈpɒdkɑːst/
noun
noun: podcast; plural noun: podcasts

1.
a digital audio file made available on the Internet for downloading to a computer or mobile device, typically available as a series, new instalments of which can be received by subscribers automatically.

Nou, ek en die taalkenners verskil van mening as dit kom by die woord podcast. RSG noem podcast ‘n potsending, die Afrikaanse Taalkommissie noem dit ‘n potgooi. Sommige mense het ‘n nood vir ‘n Afrikaanse woord vir podcast, terwyl ek (en baie ander Afrikaanssprekendes) heel gelukkig is daarmee om ‘n podcast net dit te noem, ‘n podcast.

Nou ‘n Afrikaanse podcast is redelik vanselfsprekend ‘n podcast waar die podcasters praat in Afrikaans. As jy byvoorbeeld “Afrikaans podcast” gaan Google dan sal jy dadelik ‘n snotklap kry van RSG se “potsendings” en al wat dit eintlik is, is opnames van RSG se radio uitsending. Nie regtig ‘n podcast nie, al is dit waaraan baie Afrikaanssprekendes dink wanneer jy sê Afrikaanse podcasts.

Watse tipe Afrikaase Podcasts is daar?

Die uitstekende ding van podcasts is dat daar ‘n groot verskeidenheid is om van te kies en jy sal iets kry wat by jou smaak inval. Selfs in die Afrikaanse podcast sirkels is daar amper iets vir almal. Daar is Afrikaanse podcasts wat die podcasters net die gekskeer en grappe maak. Daar is Afrikaanse podcasts waar die podcaster onderhoude voer met musikante, filmmakers en ander kreatiewe mense. Daar is Afrikaanse podcasts wat fokus op politiek of entrepreneurskap en besigheidsbestuur. Daar is Afrikaanse podcasts wat gaan oor travel.

Hoe luister ek na ‘n Afrikaanse podcast?

Meeste mense luister na podcasts met hul slimfone. Op jou foon kan jy ‘n podcast app download wat jy kan gebruik om ‘n podcast te stream of download om later te luister. Ek het oorspronklik altyd by die kantoor op die kantoor WiFi podcast gedownload sodat ek dit kan luister wanneer ek sit in die verkeer tussen Pretoria en Johannesburg. Deesdae stream ek sommer podcasts terwyl ek by die huis is op die Wi-Fi en download so hier en daar ‘n episode om te luister terwyl ek bestuur. Niks verveel my meer as Suid-Afrikaanse radio nie, gee my eerder ‘n podcast waarvan ek hou.

Hier is ‘n lys van die bekendste podcast apps wat jy kan gebruik om na podcasts te luister met jou foon:

Daar is natuurlik baie ander podcast apps ook daar buite, of jy kan net luister na podcasts deur jou rekenaar.

5 Afrikaanse Podcasts om na te luister

Almal se smaak verskil, maar as jy Afrikaans is dan is daar tien teen een ‘n Afrikaanse podcast vir jou. Hier onder is so paar Afrikaanse Podcasts waarna ek al geluister het. In geen spesifieke orde nie, hier is iets vir amper almal wat Afrikaans is.

Klipkouers Podcast

Klipkouers is ‘n Afrikaanse podcast vir entrepreneurs. Jacques Basson is die gasheer op Klipkouers en hy interview allerhande suksesvolle mense. Daar was al 100 episodes van die Klipkouers podcast. As jy jou eie besigheid het, of oorweeg om jou eie besigheid te begin dan is Klipkouers die podcast vir jou. Jy kan hoor hoe ander dit gedoen het in Suid-Afrika en so lesse leer van ander se suksesse en foute.

Luister Klipkouers hier.

WAT met Willim Welsyn

Om Willim Welsyn se eie woorde te gebruik: Wat is ‘n geselsprogrammetjie wat gebou word in Willim se garage in Bellville. Willim het elke week ‘n ander gas op sy podcast. Alles van musikante, komediante, skrywers, illustreerders, akteurs en ander kreatiewe mense sit almal saam met Willim in sy garage en gesels. WAT is ‘n uistekende podcast as jy gesprekke wil hoor wat jy nooit in ander onderhoude sal hoor nie.

Luister hier na WAT met Willim Welsyn

Narratief met Bouwer Bosch

Jare terug het ek ‘n Bouwer Bosch op my podcast gehad. ‘n Hele paar jaar later het Bouwer baie meer sukses gevind en aanhou groei as mens. Bouwer besluit om ‘n podcast te begin waar hy baie met moeilike onderwerpe stoei met die hulp van sy gaste. Bouwer se soektog na antwoorde veroorsaak baie interessante gesprekke. Daar is gesprekke oor geloof, politiek en ander narratiewe met allerhande gaste.

Luister Narratief met Bouwer Bosch hier

DS Program

Dirk Scheepers Program is ‘n podcast deur Dirk Scheepers (waar die DS vandaan kom). Dirk het groot ballas en praat graag oor goed wat ek soms probeer vermy. Politiek, veral Suid-Afrikaanse politiek, word veral in detail bespreek. “Meestal polities inkorrek, sonder sensuur, met hier en daar ‘n kras woord.” staan in die DS Program se beskrywing en dit is baie akuraat.

Luister DS Program hier

Hoe was jou naweek? Podcast met Stix

Ja, hierdie is my eie podcast. Iets wat ek so rukkie terug begin het sonder om dit aan te kondig. Na die gevaaalik.comedy podcast het ek podcasting gemis. Die probleem met die gevaaalik.comedy podcast is dat ek te veel afhanklik was van gaste. Alhoewel die gevaaalik.comedy Podcast dalk eendag terug sal wees (met my en Sven) het ek besluit om vir nou die Hoe was jou naweek? Podcast te begin. Ek, solo.

Hoe was jou naweek? kan hier geluister word

‘n Afrikaanse Podcast vir almal

Afrikaanse podcasts sal aanhou groei in die komende jare. Afrikaans is ‘n lekker praat taal en dit is cool om Afrikaanse stories in podcast formaat te hoor. Vind uit hoe kan jy Afrikaanse podcasts ondersteun, al subscribe jy net of stel ander voor aan jou gunsteling Afrikaanse podcast.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *