Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

D-Day 420 2019

Alhowel almal deesdae rondhardloop en sê dat boom wettig is, is dit eintlik net gedekriminaliseer tot die Suid-Afrikaanse regering kan besluit hoe die wette gaan lyk. Tans lyk dinge nie baie goed nie, want dit wil voorkom of ons afstuur op die state controlled, big pharma, prys vir jou vryheid model van dagga reguleer in SA. Dus is D-Day 420 nie net ‘n goeie party nie, maar ook ‘n manier wat jy kan help om seker te maak dat dagga-regulasie nie opgestel word om ‘n paar mense ryk te maak, terwyl die res steeds in die trok gegooi word vir ‘n joint nie.

D-Day 420 2019 – ‘n party vir ‘n goeie rede

Daar is geen twyfel dat Die Dagga Couple groot en deels verantwoordelik is vir die onlangse verwikkelinge rondom dagga-wetgewing in Suid-Afrika nie. Oor die jare het hulle die ongelooflike duur stryd gevoer met die staat in die hof. Om die geveg aan die gang te hou, het hulle begin fondsinsamelings hou, soos D-Day 420. Deur al die fondsinsameling, TV-verskynings, harde werk, bloed, sweet en soms trane deur, het D-Day 420 Suid-Afrika se grootse cannabis festival geword.

Hierdie jaar is jaar 7 en die jaar kan jy steeds jou kaartjie koop na Suid-Afrika se grootste 420 friendly private cannabis festival. Deel van die goed wat D-Day doen is dit normaliseer dagga en wys dat almal wat boom rook nie net vuil hippies is soos die propaganda jou sal laat glo nie.

Goeie tye en goeie musiek

Soos elke jaar sal daar allerhande vermaaklikheid wees, soos musiek, DJs en selfs comedy. Op die musiek front sal jy Khai, The UFO Experience , Savage Lucy, Zion Ruts Family, Jed Eye -SA Beatbox Champion , Tidal Waves, Soundwarmer ft Lungelo Moyo, Them Dirty Shrikes , Indigo Girl, Nick Essential , Twice As Nice, Charl Zero en Uncle Ruckus. En daardie is net die tip of the bud. Gaan kyk gerus op die Facebook event page as jy die res van die vermaaklikhede wil sien.

Daar gaan ook market vendors wees wat allerhande zol-verwante produkte verkoop. Nee, nie enige iets wat onwettig is om te verkoop nie. Maar as jy opsoek is na ‘n nuwe bong, dan sal D-Day ‘n goeie plek wees om een te gaan soek vir een. Daar gaan ook baie kos te koop wees sodat jy jou munchies kan uitsort.

Kry jou kaartjies vir D-Day 420 2019 hier.

No under 18s

Jy moet 18 wees om D-Day by te woon. Daar is ‘n goeie kans dat jy gevra gaan word vir jou ID, so moet nie eers probeer om slim te wees nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *