Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Cool musiek covers

Om ‘n song te cover is nie maklik nie. Die probleem is dat jy of te veel soos die oorspronklike song klink, of die song klink te anders.

Daar is ‘n paar mainstream covers wat almal (of meeste van ons) ken, soos “Sweet Dreams” wat deur Marilyn Manson gecover is. Oorspronklik is “Sweet Dreams (Are Made of These)” ‘n song deur die Eurythmics gewees. In Manson se outobiografie Long Hard Road Out of Hell vertel hy hoe hy op LSD was en sy balls af getrip het. Tydens die trip het hy “Sweet Dreams” van die Eurythmics gehoor, maar dit was nie die Eurythmics se weergawe nie. Na ‘n ruk het Manson “gehoor” dat dit hy is wat besig was om die lied te sing en dit was dus die geboorte van daardie cover.

Die storie agter alle covers is nie so mal soos Marilyn Manson s’n nie. Hier is so ‘n paar covers wat jy dalk nie geweet het covers is nie.

  • “Cocaine” deur Van Coke Kartel. Baie mense dink dat die ‘n song is wat Eric Clapton geskryf het, maar eintlik het ‘n bra met die naam JJ Cale dit in 1976 geskryf en in 1977 opgeneem.
  • “Given to Fly” deur Pearl Jam. Daar is ‘n hewige gestry oor of dié ‘n cover is van die Led Zeppelin song “Going to California” en of dit is rip-off is. As jy die twee song direk na mekaar luister, kan jy wel dadelik ooreenkomstes hoor tussen die twee songs. “It’s probably some sort of rip off of it I’m sure…Whether it’s conscious or unconscious, but that was definitely one of the songs I was listening to,” aldus Mike McCready oor “Given to Fly”. Ek is ‘n massive fan van Led Zeppelin en Pearl Jam so ek gee nie om nie. Albei is befokte songs.
  • “Faith” deur Limp Bizkit. “Faith” is oorspronklik ‘n song deur George Michael, die ou wat gevang is met sy totter in ‘n ander man se bek in ‘n publieke ablusieblok in Kalifornië. Die oorspronklike weergawe was ‘n baie happy tune. Limp Bizkit het die song definitief ‘n meer aggressiewe twist gegee.

Nou vir twee covers wat ek seker is jy nog nie gehoor het nie. Die eerste een is ‘n cover van ‘n redelike nuwe song. “White Limo” van Foo Fighters is nog nie eers ‘n jaar oud nie. The Prodigy, ‘n electronic band uit die UK, het “White Limo” gecover/semi remix. The Prodigy se album Invaders Must Die is awesome en dit voel asof die cover mooi sou pas op die album. Intressante feit: Dave Grohl van Foo Fighters het dromme gespeel op “Run with the Wolves” op die The Prodigy se Invaders Must Die. Hier is die cover van “White Limo” deur The Prodigy.

Foo Fighters – White Limo – [The Prodigy remix] by The Prodigy

Die volgende song is al van te vore deur die Murderdolls gecover. Vir die van julle want nie weet nie, Murderdolls is Joey Jordison (die drummer van Slipknot) se ander band. “White Wedding” is oorspronklik deur Billy Idol, maar die song is gecover deur onder vele ander Murderdolls en Deathstar. Maar hierdie version hieronder is deur Queens of the Stone Age, en as jy hulle nie ken nie stel ek voor jy gaan kry dadelik jou hande op die QOTSA album Songs for the Deaf. Intressante feit: Dave Grohl het dromme gespeel op die hele Songs For the Deaf-album en het amper permanent Queens of the Stone Age gejoin. Gelukkig het hy toe op die ou einde besluit om by Foo Fighters te bly.

White Wedding by Queens of the Stone Age

You may also like...

1 Response

  1. April 7, 2015

    […] The Prodigy het 'n nuwe album uitgebring en ek het dit heeltemal gemis. Ja, die internet help gewoonlik dat ek kan byhou met verwikkelinge, veral as dit kom by die musiek waarvan ek hou. Ongelukkig is daar ook so baie musiek waarvan ek hou dat dit soms veroorsaak dat ek iets mis, hier en daar. The Prodigy se nuwe album, The Day Is My Enemy, is een van daardie goed wat ek gemis het. Die nuwe album is al uit sedert 30 Maart 2015. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *