BSR Super Slide, iemand vat my Texas toe

Daar is min dinge so lekker soos ‘n lekker pool party. Ek was a by pool parties met slip ‘n slides en waar ons van die dak af kon spring in die pool in, maar volgende keer wil ek iets sien soos die BSR Super Slide. Die klas slide saam met bietjie beer pong en my waterproof Bluetooth speaker sal ‘n mean party wees.

BSR Super Water Slide

BSR Super Slide is die koning van slides

In Texas is alles groot. Die staat van Texas is self groot, en so ook die BSR Super Slide. Die BSR super slide se onderste punt is teen ‘n opwaardse angle wat jou in die lug in launch voor jy die water tref.

BSR Super Slide Texas

Toe ek jonger was, so 15, het ons na Splash gegaan, en so lekker soos wat dit was, lyk dit nie naastenby so lekker soos die BSR Super Slide nie. Ek weet tans het ons in Suid-Afrika ‘n moerse te kort aan water, maar ek dink sodra ons deur die droogte is, moet iemand plan maak om so iets te bou in sunny old South Africa.

BSR Super Slide

Hel, ek sal jou gratis advertensie gee vir jou nuwe slide, net hier op gevaaalik.com.

You may also like...

1 Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *