Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bloc Party Klap Johannerburg ook

‘n Paar weke terug het Rocking the Daisies die Suid-Afrikaanse music scene geskud met die nuus dat Bloc Party daar gaan optree. Dit was veral goeie nuus vir die wat in die kaap woon. Gelukkig word daar nie van die Guatengers vergeet nie.

In the City is Johannesburg se nuutste event en Bloc Party gaan by die event headline. Daar gaan ‘n hele spul awesome Suid-Afrikaanse bands wees om die ouens van Bloc Party te support, maar ons weet nog nie wie nie so hou die site dop want ek laat weet julle sodra ek weet wat gaan vir wat.

Kaartjies kos R265 en as jy In the City VIP style wil doen gaan dit jou R700 kos. VIP kry vir jou ‘n spesiale raised area waarvandaan jy die bands kan check met free drinks en snacks vir die hele show. As die kaartjies nie uitverkoop voor die dag van die event nie (maar ek is redelik seker dit sal, so spring maar om jou kaartjie te kry) sal daar kaartjies by die hek te koop wees teen R450. So koop maar voor die tyd en spaar vir jouself so bietjie geld.

Wanner gebeur dit? 5 Oktober 2012 by Mary Fitzgerald Square, Newtown, Johannesburg. Gaan loer gerus na In the City se website. Jy kan jou kaartjies nou koop deur Webtickets.co.za.

Bloc Party se nuwe album, Four, sal 20 Augustus 2012 beskikbaar wees, check die trailer vir die album hier onder en dan sien ek julle by In the City.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *