Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Blink 182 – After Midnight

Toe ek omtrent 14 was, het ek Blink 182 begin luister. Ek het dit baie geluister, vreeslik baie. Blink 182 is lankal nie meer ‘n “cool” band om na te luister nie, maar ek like hulle steeds. Ek luister steeds so elke nou en dan na Blink. Ek het vanoggend “After Midnight”, die nuwe single van Neighborhoods af, gehoor. Baie soos Blink 182 die self titled album is hierdie nie die gewone punk waaraan jy gewoond is as dit by Blink kom nie.

“Fokkit, maar Stix luister soms na kak,” gaan jy nou dink. Dit is fine, jy hoef nie van Blink 182 te hou nie. Maar berei jouself maar voor dat “After Midnight” baie gespeel gaan word, veral vir dié van julle in Pretoria. Tuks FM gaan die song love. Ek het sopas vir my die nuwe album gekoop op iTunes en ek sien uit daarna op dit ‘n luister te gee. Blink vat my terug na my dae as ‘n stoutgat op hoërskool.

Hier is die video vir “After Midnight”. Laat weet ons maar wat julle dink in die comments. As jy nie Blink like nie, hoef jy ook nie die video te kyk  nie. Maklik.

You may also like...

3 Responses

  1. I heart Blink, hierdie song is mooi. Stix, check jou skype.

  2. Darius says:

    Travis is so “gevaaalik” soos altyd

  3. Morne87 says:

    Gaaaaaaaaaaaaayyyyyyyyyyyyyyste band ooit. EMO bullshit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *