Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Billy Talent skop SA weer in die ballas

Goeie nuus vir die gene wat fans is van Billy Talent. Jy gaan nou Billy Talent ook te sien kry saam met Deftones en Yellowcard, al drie sommer in Augustus 2013. Dit is veral goeie nuus vir die gene wat miskien Billy Talent gemis het toe hulle die eerste keer in Suid-Afrika opgetree het by Oppikoppi Sexy Crooked Teeth. En nou kom hulle weer Suid-Afrika toe vir die ‘n show in Pretoria en Kaapstad.

BILLY TALENT

Jy sê jy ken nie Billy Talent nie?

Billy Talent is ‘n Kanadese melodic punk band en hulle het groot golwe gemaak met hulle single “Fallen Leaves” wat veral die rondes goed gedoen het op Tuks FM. Billy Talent is bekend vir hulle energie tydens hulle live performances en as hulle 2010 optrede by Oppikoppi enige indikasie was van wat vir ons wag, het jy iets om na uit te sien.

As jy ‘n Billy Talent fan is ken jy seker so paar van hulle songs. As jy nie ‘n fan is nie kyk gerus na die video vir “Fallen Leaves” hier onder of jy kan “Devil on my Shoulder” ook ‘n luister gee. Dit behoort jou ‘n goeie idee te gee van wat om musically van die band te verwag. In Kanada is Billy Talent ‘n big deal, hulle het al 21 Awards gewen uit 56 nominasies vir hulle musiek.

Met die addition van Billy Talent as van die international bands wat ons die jaar gaan sien lyk die skedule baie vol. So asof Deftones en Yellowcard nie genoeg is nie, kry ons nou Billy Talent ook vir ‘n post Oppikoppi show. Hou gevaaalik.com dop in die komende weke dan sal ons vir julle ‘n lekker rundown gee van bands wat jy moet sien by die jaar se Oppikoppi Bewilderbeast.

Vir meer info oor Oppikoppi gaan check die goed van hulle uit:

Oppikoppi Website

Oppikoppi Facebook Page

Oppikoppi op Twitter

Hier is Billy Talent se video vir “Fallen Leaves”. Is jy opgewonde oor die jaar se Oppikoppi? Laat weet ons in die comments.

Billy Talent in Pretoria se show werk as volg:

Datum: 24 Augustus 2013

Venue: Pretoria Botaniese Tuine

Tickets: R450 without an OppiKoppi 2013 wrist band or R350 with a valid 2013 OppiKoppi. Dit is reg, jy kry R100 af as jy jou Oppikoppi bandjie nog aan het op 24 Augustus 2013. Jy sal gecheck word vir jou armbandjie by die hek.

Billy Talent in Kaapstad werk as volg:

Datum: 23 Augustus 2013

Venue: City Hall Auditorium, Cape Town

Tickets: R350 Tickets available from www.plankton.mobi

VIP Boxes:

Box 1 & 2: R6000 per box (10 persone per box). Sluit tour t-shirt in, personal waiter per box en ‘n meet and greet met die band in.

Box 3 & 4: R5000 per box (10 persone per box). Sluit tour t-shirt in en personal waiter per box in.

Box 5 & 6: R4500 per box (10 persone per box). Includes personal waiter per box.

You may also like...

1 Response

  1. August 23, 2013

    […] naweek is basies hier en dit is tyd vir die Vrydag Bederf. More is dit Billy Talent in Pretoria se botaniese tuine. Kom ons hou maar duim vas dat die weer more beter lyk as wat dit vandag doen hier in Pretoors. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *